Besigheids Fokus – El Suenos

El Suenos

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
Kroeg, Bistro/koffie winkel en Restaurant – ten volle gelisensieerd

Wanneer het u besigheid begin?
Oopgemaak Des 2014 – Drank lisensie gekry Mei 2015

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
Suenos in spaans beteken “ droom” en dit was John se droom om sy eie kroeg te besit. Stilbaai was ons vakansie plek en ons het besluit om hier af te tree. Hier is baie potensiaal in die besigheid/ die perseel verleen hom vir nog baie ander projekte, asook die groei van die dorp.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Alle ouderdomme, maar meer gefokus op die besigheidsklas . Ons wou ‘n gesofistikeerde, maar nog steeds “rustic” en ontspanne atmosfeer skep.

Watter produkte/dienste bied u aan?
Ten volle gelisensieerde kroeg en restaurant. Ons hou privaat funksies/ musiek vertonings/ sangers wat optree. Kyk na kuns uitstallings en teater vertonings in die toekoms.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
Ons het ‘n passie vir die bedryf en mense. Ons is die eerste restaurant en kroeg wanneer besoekers in die dorp inkom. Die groot perseel verleen hom vir musiek/kuns opvoerings (binne en buite – buite is amfi teater met groot grasperk vir pieknieks). Die privaat sitkamer gedeelte is gewild vir privaat funksies, terwyl die res van die besigheid normaal kan bedryf. Die bistro/koffiekroeg gedeelte loop uit op ‘n omheinde area waar funksies apart gehou word.

Persoonlike
hoogtepunte/suksesse/prestasies
Het in ‘n kort tydperk ons self bewys as n erkende mededinger in die bedryf, deur as die ribbetjie “koning” in die distrik bekend te word. Dit is bereik deur opgeleide en gemotiveerde personeel en deur ons diens en voedsel kwaliteit wat hoog aangeskryf word. Ons passie vir die bedryf en die eienaars se bewysde kwalifikasies met vorige suksesvolle ondernemings.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Goeie diens, kwaliteit voedsel, opgeleide personeel, ons glo daaraan dat die personeel deelvan die “El Suenos’ familie moet wees en eienaarskap vat om te help om die besigheid ‘n sukses te maak.

Voltooi die volgende stellings:
“ondervinding het my geleer dat ……………..”
die kliënt altyd reg is.

“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied ………….”
Kuns uitstallings / teater vertonings / musiek opvoerings.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
Alhoewel die perseel ‘n negatiewe verlede het, wil ons verseker dat die nuwe bestuur ‘n passie het vir die bedryf en besigheid. Die perseel en kombuis is heeltemal nuut oorgedoen. Ons Veiligheids- en higiene sertifikate is sonder probleme verkry en word so onderhou . Ons nooi graag Stilbaaiers en besoekers om ons te kom besoek en n heerlike ete in ontspanne atmosfeer te kom geniet.
Die besigheid is buite seisoen Sondae en Maandae toe, maar sal gedurende die seisoen elke dag oop wees . Skakel gerus om ‘n ete of funksie te bespreek. Die bestuur en personeel sien uit daarna om almal te verwelkom

Kontak besonderhede:
Llilian en John Burke………………………………….
028 754 1136 / Lilian 072 1222 943

El Suenos

Print Friendly, PDF & Email