OSKAR EN DIE PIENK TANNIE

sandra

Sandra Prinsloo kom Stilbaai toe.

Sandra Prinsloo het weer gewys waarom sy as die doyenne van Suid Afrikaanse  toneelspel bestempel word. Wat ‘n roerende deernisvolle, komiese, oortuigende  vertolking van drie, vier karakters met niks meer as net haar stem, houding en  bewegings. Die oorskakeling tussen ouma Rosa en die 10 jarige Oskar is fenomenaal.

Oskar en die Pienk Tannie (Oscar et la dame) geskryf deur Eric-Emmanuel Schmitt en in Afrikaans vertaal deur Naomi Morgan is die roerende verhaal van die kankerlyertjie, Oskar, en Ouma Rosa wat hom op verbeeldingryke en soms bitter snaakse wyse begelei deur sy laaste dae.

Dit is nou Stilbaai se beurt om hierdie briljante aktrise se eenvrouvertoning in Afrikaans op die planke te sien.

Thyme to Relish, die restaurant en koffieshop, geleë in die Plattebosch-sentrum, Hoofweg-wes is die trotse aanbieder van hierdie produksie.

Oral waar dit in Suid Afrika reeds aangebied is ,het die opvoering die een na die ander toekenning opgeraap. Die vertoning word in die Gemeenskapsaal aangebied om 19.30, maar die gehoor word vriendelik daaraan herinner dat vinger- snoepeetgoed en drankies reeds vanaf 18.00 bedien sal word in die sy-sale. Die hoofsaal se deure open om 19.00 en die vertoning begin om 19.30. Ongelukkig, as gevolg van die besonderse tegniese vereistes van die opvoering, sal persone wat laat kom, nie geakkommodeer kan word nie.
“Every now and then, about once a year, a not-to-be-missed play comes along. The kind of theatre
experience that steals your blind side, knocking down your defences. That neither dawdles nor jerks tears. That makes you double take; cast a furtive glance over your shoulder. That takes you by surprise, filling you with a sense of the unbearable fragility and fleetingness of life, the precious of moments. That delivers theatre magic. Such a play is Oskar en die Pienk Tannie” ( Deborah Steinmar)
PS Indien besoekers wil oorslaap, sal ons hulp verleen met besprekings.

Print Friendly, PDF & Email