Besigheids Fokus – El Suenos

El Suenos

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
Kroeg, Bistro/koffie winkel en Restaurant – ten volle gelisensieerd

Wanneer het u besigheid begin?
Oopgemaak Des 2014 – Drank lisensie gekry Mei 2015

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
Suenos in spaans beteken “ droom” en dit was John se droom om sy eie kroeg te besit. Stilbaai was ons vakansie plek en ons het besluit om hier af te tree. Hier is baie potensiaal in die besigheid/ die perseel verleen hom vir nog baie ander projekte, asook die groei van die dorp.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Alle ouderdomme, maar meer gefokus op die besigheidsklas . Ons wou ‘n gesofistikeerde, maar nog steeds “rustic” en ontspanne atmosfeer skep.

Watter produkte/dienste bied u aan?
Ten volle gelisensieerde kroeg en restaurant. Ons hou privaat funksies/ musiek vertonings/ sangers wat optree. Kyk na kuns uitstallings en teater vertonings in die toekoms.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
Ons het ‘n passie vir die bedryf en mense. Ons is die eerste restaurant en kroeg wanneer besoekers in die dorp inkom. Die groot perseel verleen hom vir musiek/kuns opvoerings (binne en buite – buite is amfi teater met groot grasperk vir pieknieks). Die privaat sitkamer gedeelte is gewild vir privaat funksies, terwyl die res van die besigheid normaal kan bedryf. Die bistro/koffiekroeg gedeelte loop uit op ‘n omheinde area waar funksies apart gehou word.

Persoonlike
hoogtepunte/suksesse/prestasies
Het in ‘n kort tydperk ons self bewys as n erkende mededinger in die bedryf, deur as die ribbetjie “koning” in die distrik bekend te word. Dit is bereik deur opgeleide en gemotiveerde personeel en deur ons diens en voedsel kwaliteit wat hoog aangeskryf word. Ons passie vir die bedryf en die eienaars se bewysde kwalifikasies met vorige suksesvolle ondernemings.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Goeie diens, kwaliteit voedsel, opgeleide personeel, ons glo daaraan dat die personeel deelvan die “El Suenos’ familie moet wees en eienaarskap vat om te help om die besigheid ‘n sukses te maak.

Voltooi die volgende stellings:
“ondervinding het my geleer dat ……………..”
die kliënt altyd reg is.

“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied ………….”
Kuns uitstallings / teater vertonings / musiek opvoerings.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
Alhoewel die perseel ‘n negatiewe verlede het, wil ons verseker dat die nuwe bestuur ‘n passie het vir die bedryf en besigheid. Die perseel en kombuis is heeltemal nuut oorgedoen. Ons Veiligheids- en higiene sertifikate is sonder probleme verkry en word so onderhou . Ons nooi graag Stilbaaiers en besoekers om ons te kom besoek en n heerlike ete in ontspanne atmosfeer te kom geniet.
Die besigheid is buite seisoen Sondae en Maandae toe, maar sal gedurende die seisoen elke dag oop wees . Skakel gerus om ‘n ete of funksie te bespreek. Die bestuur en personeel sien uit daarna om almal te verwelkom

Kontak besonderhede:
Llilian en John Burke………………………………….
028 754 1136 / Lilian 072 1222 943

El Suenos

Pasafgelope Besigheids Byeenkoms

(Click on Images to Enlarge)

IMG-20150819-WA0009IMG-20150819-WA0017IMG-20150819-WA0016IMG-20150819-WA0015IMG-20150819-WA0014IMG-20150819-WA0012IMG-20150819-WA0010

Die Hessequa Nuus se tweede Besigheids Byeenkoms by “Thyme to Relish” het weereens goed afgeloop met 8 nuwe besoekers.

Hoewel teleurgesteld dat van die vorige Besigheidseienaars of teenwoordigers nie daar was nie, is daar geen twyfel, dat daar weereens goeie kontakte onder die wat dit bygewoon het, gemaak is. Al klaar het van die besoekers inligting uitgeruil en planne beraam van hoe hulle mekaar kan ondersteun en kan saamwerk.
Fantasties … dit is die doel van die byeenkomste.

Gereeld hoor ek mense wat noem dat hulle al lankal so iets wou begin, want so iets is al lankal in die Hessequa omgewing nodig.
Nou hier is ons ….en dis gratis !!!

Dit is die ideale geleentheid om julle besigheid of produkte ens aan almal teenwoordig bekend te stel en te netwerk.
Die byeenkomste vind een maal per maand plaas en die geheim is om die byeenkomste gereeld by te woon om die maksimum blootstelling te kry.

As jy dit nie self kan bywoon, stuur gerus ‘n verteenwoordiger om in te staan.
Elkeen sal ‘n kort spreekbeurt kry – so bring gerus julle advertensie/promosie materiaal saam.
Ons sal probeer om dit so kort as moontlik te hou, om tyd vir netwerk na die verrigtinge toe te laat.

Bring ‘n vriend, of kom alleen …maar woon dit gerus gereeld by.

Navrae: Julie Retief (082 412 3000)
editor@hessequanews.co.za

MOOIPLAAS IRIS & DAY LILIES

 

Iris-Flower (1)

For the past 23 years MOOIPLAAS IRIS & DAYLILIES, on the outskirts of Pretoria,  have been collecting and growing a stunning collection of exotic bearded irises and daylilies.  We, the proud owners, Wolf & Magda Gribnitz, are now happy to have the opportunity to introduce our range to the gardeners in your area.

Have a look at our on line shop at www.mooiplaasnursery.co.za where you will find some masterpieces which will leave your friends breathless and your neighbours envious.

Shipping is done countrywide via COURIER. On receipt of your order, the plants are lifted and prepared and each one individually marked and packed in a growth medium. They ship well and can be kept for up to 3 weeks after shipping. Orders in excess of R500 travel FREE!

As an introductory offer a 10% DISCOUNT VOUCHER is made available to the HESSEQUA NEWS readers and sister publications for a period up to 31 October 2015. The voucher code is Hess1015

Irises and Daylilies are excellent companion plants in landscapes. Irises are spring flowering (some re-blooming in autumn) while daylilies are summer flowering. When planted together, the landscaped area has extended colour while the foliage of the non-flowering variety plant enhances and contrasts the flowering variety plant.

Both irises and daylilies have flamboyant blooms and vibrant colours in primary colours, pastels and colour combinations. Large swathes of a single colour make a profound statement. When planting irises and daylilies together in colour blocks, an area could have an alternating colour statement from one month to the next.

Irises and daylilies are water-wise, low-maintenance plants and perform well in cold areas.

Both prefer full sun to semi-shade conditions. In areas with excessive rainfall take care to allow the necessary drainage for irises.
These plants are both perennials and have the same cycle of three to four years before they

need to be lifted and transplanted.

Follow-up articles and special-offers on Irises and Daylilies are to follow. Watch this space…
Magda – 084 926 6333

Mooiplaas