Orgaanskenking

Die afgelope Junie/Julie vakansie was gekenmerk deur die tragiese dood van ten minste 5 studente van Potchefstroom universiteit tussen 19 en 23 jaar!

Die predikant by Sumaré Prinsloo se gedenkdiens het gesê Sumi het ‘n NB lewe gelei. N vir naby God en B vir Blessed. Sy het dit egter nog ‘n stap verder geneem deur mense ook na haar dood te seen deur haar organe te geskenk en nuwe lewe aan ongeveer 7 mense te gee. Sewe mense wat weens hierdie onbaatsigtige daad dalk nog ‘n groot verskil in ander vriende of familie se lewens kan bewerkstellig omdat hul tyd hier op aarde nog nie afgehandel is nie. Ek wil ook glo dat dit vir die familie ‘n mate van berusting en troos bied om te weet iemand anders leef omdat hul kind bereid was om NIE met haar gesonde organe te sterf nie. En sodoende leef sy voort deur hierdie nalatingskap.

Wie van ons wil nie so ‘n nalatingskap los vir ons naaste nie? ‘n Nalatingskap van lewe? Gun my dan die geleentheid om net ‘n paar vrae rakende die aangeleentheid van orgaanskenking te beantwoord. Enige iemand kan organe skenk. Nie een van ons weet wanneer ons sterfdatum is nie en daarom weet ons ook nie in watter toestand ons organe of weefsel op daardie gegewe dag gaan wees nie, maar dis nie nou belangrik nie. Wat belangrik is, is dat jy ‘n vormpie moet invul wat dan op die orgaan skenking forum se databasis geregistreer word. Jy kry ‘n “sticker”/plakker om in jou ID te plak en ‘n klein orgaanskenking kaartjie om in jou beursie te sit en siedaar jy is ‘n hero! Hoe werk die orgaanskenk proses? Heel eerste moet jy breindood verklaar word, dan word onafhanklike spesialiste wat nie fisies by die uithaal van die organe betrokke is nie, ingeroep om die “breindood” weer te bevestig, voordat met die proses voort gegaan kan word. Die uithaal van die organe word met uiterse professionaliteit en menswaardigheid hanteer.

Een persoon wat sy organe en weefsel skenk kan tot 50 persone se lewens verander. Indien jy net jou organe wil skenk kan jy tot 7 mense se lewens onherroeplik verander.
Nadat jy op die databasis geregistreer is kan jy ook enige tyd jou naam laat verwyder sou jy anders besluit. Dis net balangrik dat jy ook jou familie inlig oor jou besluit. Die persone wat die organe ontvang se besonderhede word konfidensieel gehou, ofskoon hulle met die skenker se familie mag kontak maak, sou hulle wou.

Ons wil dus ieder en elk uitnooi om ‘n vorm, sticker en kaartjie by my, Hartenbos Apteek, te kom afhaal en sodoende jou nalatingskap vir jou naaste te waarborg in ‘n tyd waar jou ID, Beursie of familie namens jou moet praat omdat jou eie stem stil geraak word.

Mosselbaai se gemeenskap het nog altyd op verskeie vlakke uitgestaan in ons land en ek is vol vertroue dat ons rekord getalle ledevorms gaan terugstuur en daardeur die omgee-karakter van ons dorp weerspieel.

Hartenbos Apteek 044-6951510/
hartenbosapteek@gmail.com
Facebook: Hartenbos Apteek Dieet

Organ Donor Foundation
0800 22 66 11 (toll free)
www.odf.org.za

RIVERSIDE

IMG_113-Riverside

Almal wat eiendom in Stilbaai besit, of net hier kom vakansie hou, weet dat Riverside ‘n stukkie juweel is wat ons moet oppas en bewaar.

Dit is presies hoe die nuutverkose bestuur oor Riverside voel. Die meeste mense weet van Riverside en het al per boot of motor hier verby gery ….
Verseker een van die mees gesogte vakansie plekke naby Stilbaai.

Ons as inwoners is werklik bevoorreg om hier te kan bly en te kan vakansie hou.
Die oogmerk en visie van die nuwe bestuur is om Riverside so te bestuur dat dit tred hou met die hoë standaarde van Stilbaai as toeriste bestemming.

Ons het tan s 33 bestaande eiendomme met 3 nuwe huise wat binnekort gebou gaan word. Daar word deurgaans gepoog om die “plaas atmosfeer” te behou.
Ons het heelparty permanente inwoners wat bevoorreg is om hierdie mooi deur die jaar te kan geniet.
‘n Voltydse terreinbestuurder en assistant sien om na die dag tot dag instandhouding van die terrein.

Vir enige navrae of verdere inligting oor Riverside skakel gerus : 082 829 3787

Tuinmaak met Leani

Inheems is die Toekoms

Meer en meer mense begin om inheemse plante aan te plant. Die mees bekendste inheemse plante in ons area is fynbos en is ‘n skouspel van blomme in die winter.

Dit maak nie saak waar jy woon of hoe beperk jou spasie is nie, jy sal beslis ‘n inheemse plantjie kry wat vir jou sal werk. Inheemse plante is spesifiek aangepas tot ‘n area, grondtipe en klimaat. Die wonderlike ding is dat hulle ook kan aanpas in ander dele van die land.

Wanneer saailinge beskerm word in die vroeë stadium van ontwikkeling, in plaas daarvan om te veg vir oorlewing, sal hulle gewoonlik floreer in ‘n omgewing wat verskil van hul natuurlike habitat. Die Nasionale Botaniese Vereniging van Suid-Afrika bied advies en inligting aan die publiek oor inheemse plante wat tot voordeel is vir enige tuin entoesias.
Daar is streng wetgewing aangaande inheemse plant spesies, onderandere dat dit onder geen omstandighede uit die natuur verwyder mag word nie, selfs die sny van hul blomme en vang van hul saad is teen die wet. Plante op privaat grond mag slegs verwyder word met die eienaar se toestemming. Meeste inheemse spesies is beskermd en die ontwrigting daarvan verbied. Dieselfde reëls geld vir die saailinge. Wanneer jy ‘n saailing wil verwyder, moet jy ekstra versigtig wees om nie die wortels te beskadig nie. Dit word voorgestel om eers die plant water te gee, om so doende die grond sagter te maak. Die volgende wenk is om genoeg van die plandjie se eie grond saam met hom uit te haal, dit verminder wortel skade en help met hervestiging. Kenners beveel dit aan om die saailinge eers in ‘n pot te plant tot hy gevestig is en dan uit te plant. Moenie probeer om ‘n saailing hoër as 10cm te verwyder nie, op die stadium is die kans groot dat die wortelstelsel met verwydering beskadig kan word.

Inheemse plante kan van steggies af gegroei word, maar bied ‘n bietjie van ‘n uitdaging vir onervare tuiniere. Oorweeg dit eerder om gevestige plante by kwekery aan te koop. Plante van verskaffers soos Leani Kwekery het plante wat geselekteer is vir aanplanting wat beteken die spesies is geteel om makliker te groei en is ook meer skouspelagtig as hul wilde familielede.

Voor jy besluit om inheemse spesies aan te plant, doen eers navorsing oor byvoorbeeld die struik se volwasse hoogte, wydte, groeipatroon, water vereistes en grondtipe. As jy besluit om inheemse plante soos ons lieflike fynbos te plant, moenie gaan vir ‘n formele tuin uitleg nie. Inheemse plante bied beter voordele en maak ‘n mooier vertoning as dit op ‘n natuurlike wyse geplant word.

In die besige tyd wat ons leef is tyd ‘n groot faktor, daarom dis inheemse spesies die beste keuse aangesien dit feitlik onderhoudloos is.
Telefoon: 044 620 2565
Email: info@leani.co.za

Entering the world of work

Getting a job after years of school or study initially seems like a pretty easy task: Find an advertisement, write a letter with your CV attached, include a large number of testimonials from lecturers, pastors and friends, and the job is yours!
Unfortunately, this is not so easy. Bear in mind that in South Arica, only about 20% of matriculants find jobs after school – leading to an extremely high unemployment statistic for young people. Even young people with post matric qualifications struggle to find jobs.

Entering the real world of real work is as much a marketing job as it is to sell a new product. A lot of preparation and thought need to go into the planning and execution of the job hunting process. Let us look at the general pitfalls that cause many applicants to not get the call for a first interview:

1 Failure to distinguish yourself from the next candidate
Unless you are extraordinarily lucky, the person who makes the decision about whether to invite you for an interview does not know you from a bar of soap. This means that you have to impress the decision maker within a very short time so that he/she reads your CV in detail. Reports indicate that this decision is made within the first 8 seconds of the person picking up your CV.

You have no choice but to put very careful thought into the first impressions that a potential employer forms of your correspondence. There must be something about your application that is different from all the other hundreds of applications!

2 Supplying too many facts, but too little real information
The employer seldom wants to know how many siblings you have, whether you were class leader in grade 6, or your achievements in badminton. What counts is whether you are reliable and able to do the job without requiring supervision all the time.
In a casual letter, such information may serve as an appropriate introduction. However, the potential employer has to read your CV and covering letter as part of a day that is stacked and packed with reading material from more important sources: Bank statements, customer replies, tender documents, supply contracts –therefore, if your application does not immediately grab the attention of the reader, your chances of landing an interview are very slim.

3 Failing to prove that you meet all the requirements of the position
Bear in mind that the potential employer is simply interested in finding someone who can do the job without too much supervision. He is very seldom interested in your skills on the sport field (unless the position is directly related to sport); if you were an athlete in your school or varsity days, list these in a brief paragraph at the end.
All advertisements list the basic requirements in terms of qualifications and skills; prove in your cover letter that you have these skills.
Yet, there is still more to prove: Carefully screen the job outputs listed – these may not relate directly to qualifications and skills, but will from the substance of the results eh is expecting from a successful candidate. Make sure that you understand these outputs, and show on paper that you are in fact in a position to deliver these results.

4 How to excel
Garden Route Business Services provides guidance and assistance in preparing for the job hunt. For a small fee, they will compile your CV professionally, assist you in drafting a covering letter in response to an advertisement of job vacancy, and provide basic guidelines for that first interview.

Contact the specialists at 082-854-6960 (Johan) or 083-321-7120 (Francois) for further information and assistance.
Get that inside lane to a job!

DRUGS / DWELMS

Die Belangrikste Dwelmsoorte:

Opkikkers:
(Kaffeïen is ‘n matige opkikker, terwyl kokaïen, ecstasy en tik (metamfetamien) veel meer kragtige opkikkers

Opkikkers laat mense wakker en vol energie voel. Opkikkers kan jou baie senuagtig maak, te veel daarvan kan jou paranoïes maak. As jy te lank opkikkers gebruik, kan jy jou senuwees en jou liggaam skade aandoen. Jy kan nie eet, jy kan nie slaap nie, en dan vat jy uiteindelik ‘n onderdrukker net om weer jouself te wees.

Depressante:
(Alkohal, cannabis, heroin en mandrax).
Onderdrukkers laat mense meer ontspanne voel. Almal hou daarvan om te ontspan, maar chemiese ontspanne mense kan hulself nie verdedig nie.

Te veel van ‘n onderdrukker soos heroïen kan kritieke lewensfunksies soos hartklop en asemhaling laat ‘slaap’ en dood veroorsaak – dit staan as ‘n oordosis bekend.

Hallusinogene:
Hallusinogene verwring jou persepsie van die werklikheid, wat party mense soms vermaaklik vind. Om hallusinogene te gebruik, kan soms soos ‘n baie kragtige droom voel, maar soms kan hierdie droom in ‘n nagmerrie verander. ‘n Slegte hallusinasiereis kan die res van jou lewe by jou spook en party mense verlang uiteindelik na die dae toe die werklikheid hul enigste probleem was.

Dwelmkombinasies:
Dagga word dikwels met heroïen gemeng en onder name soos “Whoonga” (Kaapstad), “Nyaope” (Pretoria) of “Sugars” (Durban) verkoop. Die uitwerking van hierdie kombinasie is onvoorspelbaar, maar sal beslis al die risiko’s verbonde aan die gebruik van beide dwelms hê: asemhalingsprobleme, h