JY IS WAT JY EET – DEEL 3

Wat kan ek doen om ongesteldheid en lewenstylsiektes te voorkom? CANCER – Yes, there is a cure and yes, you can prevent it!
KANKER – Ja, daar is `n kuur en ja, jy kan dit voorkom!

Kan ek werklik iets doen om siekte en ongesteldheid te voorkom?
Daar is HOOP! Maar dit kos `n verandering…
Jou liggaam is wonderlik ontwerp! Jou liggaam het die vermoë om homself te herstel en te genees. Jy is in beheer van wat in jou liggaam gaan, en dit is in jou vermoë om na jou liggaam te luister en hom die nodige voeding te gee wat hy benodig, sowel as om ontslae te raak van die gifstowwe wat jou vergiftig.

Dis nou as jy weet wat die gifstowwe en nadelige elemente is wat jou so laat voel of reageer. Sodoende kan jou liggaam optimaal funksioneer en sal jy krag en energie hê om `n kwaliteit lewe te geniet. Jy kan siekte en ongesteldhede (hoofpyne, oorgewig, hartsiektes, hoë bloeddruk, allergieë, sinus, cholesterol, kanker, maagkwale ens) voorkom en teëstaan deur jou lewenstyl aan te pas.
Hier is stappe wat jy kan volg:

1. Drink goeie skoon water, ongeveer 2 liter daagliks.
2. Eet organies, vars groente en vrugte (eat whole-foods).
3. Eet 50% tot 70% van jou groente en vrugte rou.
4. Neem daagliks natuurlike probiotika in (kefir, sauerkraut, kombucha).
5. Neem daagliks Omega 3-olie.
6. Eet baie min diereprodukte (vleis ens, klein porsies, twee of drie keer per week). As jy eet, moet dit nie eet as jy nie weet waar dit vandaan kom nie – dit moet organies (natuurlike voeding/weiding, vrylopende diere) wees.
7. Kook in glas-, vlekvrye staal- of gietysterpotte (geen aluminium).
8. Vermy enige diepbraai van kosse in olies. Vermy sonneblomolie en kanola-olie. Gebruik
klapperolie en druiwepitolie vir braai. Olyfolie slegs oor koue kos of as kos klaar gaar is.
9. Vermy alle verwerkte, verpakte voedsel (processed foods).
10. Vermy 100% vrugtesappe, tensy dit self gemaak is.
11. Vermy ALLE suiker en onnatuurlike versoeters.
12. Vermy ALLE soja produkte.
13. Vermy alkohol, rook en ander dwelmmiddels.
14. Vermy koffie, kaffeine-drankies en alle gaskoeldranke.
15. Vermy grane. As jy grane eet, maak seker dit organies en vars gemaal is. Vermy alle brode in winkels, bak dit self.
16. Vermy gluten.
17. Vermy ALLE Geneties Gemodifiseerde (GMO) kosse (groente, vrugte, vleis ens).
18. Vermy alle margarien, gebruik eerder botter of klapperolie.
19. Vermy die gebruik van `n mikrogolfoond.
20. Kry gereelde oefening.
21. Moenie heeldag sit nie, beweeg rond.
22. Kry kwaliteit slaap, 7 tot 8 ure per dag.
23. Wees buite in die sonlig, ongeveer 10 tot 15 minute per dag, vroegoggend, voor 10:00.
24. Gebruik selfgemaakte tandepasta en mondspoelmiddels.
25. Gebruik natuurlike seep vir jou liggaam, hare, skottelgoed en wasgoed, sowel as vir huishoudelike doeleindes.
26. Vermy sonbrandroom.
27. Vermy deodorant, gebruik natuurlike produkte.
28. “Earthing”: Loop kaalvoet buite op die grond.

“Moenie dooie-kos eet en verwag om te lewe nie!”
“Die antwoord is nie in `n pil nie, dit is in jou … en in dit wat jy eet!”

Kontak ons gerus vir meer inligting.

Tel: 028 754 3736
E-pos: stilbaai@healingtruth.co.za
Webwerf: www.healingtruth.co.za

Print Friendly, PDF & Email