PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK

Foto

Naam en Van:
Joa Van Tonder

Van waar kom u?
Oos Londen

Wat bring u na … …………………?
Stilbaai is hemel op aarde. Baie hier gekom met vakansie en besuit om hier af te tree.

U huidige beroep/besigheid?
Huisvrou

Het u kinders?
Ek het twee pragtige kinders, seun en dogter, op wie ek baie trots is en vier pragtige kleinkinders

U gunsteling gereg.
Vis en slaai

Wat was jou trotste oomblik?
My trotste oomblikke in my lewe was die geboorte van my twee kinders.

Wat irriteer jou?
Mense wat altyd dink hulle is beter as ander

Het u stokperdjies en/of wat is u belangstellings?
Lees!! Mal oor goeie boeke, My beroep was biblioteekaresse en daar die belangstelling in boeke. Loop!! Hou daarvan om so vyf kilometers te loop, asook om met my honde te skep. Op die oomblik is dit mosaic werk en wil graag klas gee. Soek nog n plek om te begin.

Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid?
Toe ek agt maande verwagtend was met my eerste kind en daar loop ek by Absa Bank, in Kaapstad, in die skuif deur wat nie oopmaak nie, vas, en val met knië wat bloei staan ek daar op en verdwyn in die skare.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Kuns en Skepping deur van niks iets te maak.

Ek verlaat nooit my huis sonder?
My handsak en selfoon.

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Gebore in Kaapstad, talle male verhuis, Oos Londen, Walvisbaai en terug na Oos Londen en ten einde laaste tot ruste gekom in Stilbaai. Baie lief vir mense en hul stories. My hande moet altyd besig bly en tot gevolg dat ek al bykans alles probeer doen het. Naaldwerk, brei, hekel, klere maak, pitwerk ensovoorts en huidiglik mosaic.

Naam: Joa van Tonder
Tel: 083 663 6130

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply