KERKE RAAK OUER

article-pic-1

Kerke in die Hessequa-streek vier hul 160 jaar se bestaanjare van aanbidding.
Twee kerke, een in Riversdal en die ander in Heidelberg, het onlangs hul 160 ste bestaansjaar deur middel van dankseggingsdienste en ander verrigtinge herdenk.
Gedurende September was dit die vieringe van die St Matthews Kerk in Riversdal.
Die kerk wat deur Sophy Grey ontwerp is, se hoeksteen is op 22 November gelê deur Eerwaarde William Eweleigh Belson en is op 25 September 1856 ingewy deur Biskop Gray.foto-2
Verlede week het die JF Neumann Memorial Congregational kerk in Heidelberg ook 160 jaar van aanbidding herdenk.
Die ou Congregational kerk dateer terug na 1856 . Die eenvoudige wit geboutjie in Van Riebeeckstraat is deesdae stil met geen klanke van lofprysing nie. Ook klink daar nie meer kinderstemme op soos die wat die latere kleuterskool bygewoon het nie.
Die week lange feesviering- verrigtinge is die naweek van 8 en 9 Oktober afgesluit met ’n Nagmaal en doop-erediens Sondagoggend en ’n Dankseggingsdiens die middag. Van die vorige predikante het aan die eredienste deelgeneem. Susterkerke verbonde aan die United Congregational Church of South Africa (UCCSA) asook omliggende kerke het hul gelukwensings aan die kerk oorgedra.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply