Naam en Van
Elza Thiart-Botes
U huidige beroep?
Eienaar van www.stilbaai.me en vryskut-motorsportverslaggewering
Wat motiveer jou?
Om te wil help en omdat ek in die mediabedryf betrokke is, kan ek help deur inligting in te samel, beskikbaar te stel en te versprei. Om verstaanbare redes kon ek dit natuurlik nie altyd in my beroep as verslaggewer in die SA Lugmag uitleef nie, maar ek kon dit later as motorsportskrywer doen. Toe het ek ook baie meer by die sport self betrokke geraak as om net stories te skryf en kon ek regtig ‘n verskil maak en nou met www.stilbaai.me poog ek om inligting beskikbaar te hê en toeganklik vir gebruikers te maak.
Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Altyd is ‘n baie lang tydperk… Dalk is dit om te skryf alhoewel ek nie ‘n ‘skrywer’ is nie. Ek gee myself nie eers uit as ‘n joernalis nie, maar wel ‘n verslaggewer, maar ek het op skool al graag en maklik geskryf en alhoewel die tema deur die jare verander het, skryf ek nog steeds.
Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
Ek kan regtig nie aan iets ‘doms’ dink nie. My ma sal sê die dag toe ek en my sussie met dieselfde rek in Zimbabwe van die brug afgespring het (bungi!)
As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Die fotograwe wat foto’s van die Tuinroete neem en dit op verskeie sosiale mediaplatforms deel. Sodoende sal ek die Tuinroete beter leer ken én mooi foto’s neem én dit met ander kan deel!
As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Eers diegene naaste aan my help en dan belê en voortgaan met my rustige lewe op Stilbaai.
Ek verlaat nooit my huis sonder ……
Kyk, ek vat nou nie noodwendig my selfoon saam as ek net om die blok gaan stap nie, maar aangesien dit my ‘mobiele kantoor’ én kamera én notaboek én databasis is, moet dit maar saam waar ek gaan!
Wat is jou gunsteling gereg en restaurant ?
Kos speel nie ‘n belangrike rol in my lewe nie en uiteet ook nie en dit hang af van waar ek is en waarvoor ek lus is. Ek verkies restaurante met ‘n lekker atmosfeer soos Op die Plaas (Pretoria) of Die Bosvelder (Centurion) of selfs Kaai 4 in Mosselbaai.
As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens ?
Asseblief net minder gewelddadige misdaad in die land, maar as dit te moeilik is vir hom, kan hy asb my Jeep kom was!
Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek het aan Albertinia Hoërskool gematrikuleer en is 26 jaar later, ná ‘n interessante, vol loopbaan en lewe in die Lugmag en as motor- en motorsportportjoernalis waartydens ek regoor Afrika en die wêreld gereis het, weer terug hier. Dit was goed en dit is nou óók goed.
Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van die Hessequa-streek?
Ons moet ons omgewing en die natuur waardeer en oppas. Dit is ‘n besonderse stukkie wêreld.
Wat is jou gunsteling tydverdryf of stokperdjie ?
Ek kan nie ‘n glasbottel weggooi nie en het vir die eerste keer tyd gekry (tyd gemaak) om iets kreatiefs te doen. Nou versier ek dit!
Kontakbesonderhede:
Tel: 082 458 8517