PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK

article-pic-1Naam en Van
Elza Thiart-Botes

U huidige beroep?
Eienaar van www.stilbaai.me en vryskut-motorsportverslaggewering

Wat motiveer jou?
Om te wil help en omdat ek in die mediabedryf betrokke is, kan ek help deur inligting in te samel, beskikbaar te stel en te versprei. Om verstaanbare redes kon ek dit natuurlik nie altyd in my beroep as verslaggewer in die SA Lugmag uitleef nie, maar ek kon dit later as motorsportskrywer doen. Toe het ek ook baie meer by die sport self betrokke geraak as om net stories te skryf en kon ek regtig ‘n verskil maak en nou met www.stilbaai.me poog ek om inligting beskikbaar te hê en toeganklik vir gebruikers te maak.
Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Altyd is ‘n baie lang tydperk… Dalk is dit om te skryf alhoewel ek nie ‘n ‘skrywer’ is nie. Ek gee myself nie eers uit as ‘n joernalis nie, maar wel ‘n verslaggewer, maar ek het op skool al graag en maklik geskryf en alhoewel die tema deur die jare verander het, skryf ek nog steeds.

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
Ek kan regtig nie aan iets ‘doms’ dink nie. My ma sal sê die dag toe ek en my sussie met dieselfde rek in Zimbabwe van die brug afgespring het (bungi!)

As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Die fotograwe wat foto’s van die Tuinroete neem en dit op verskeie sosiale mediaplatforms deel. Sodoende sal ek die Tuinroete beter leer ken én mooi foto’s neem én dit met ander kan deel!

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Eers diegene naaste aan my help en dan belê en voortgaan met my rustige lewe op Stilbaai.

Ek verlaat nooit my huis sonder ……
Kyk, ek vat nou nie noodwendig my selfoon saam as ek net om die blok gaan stap nie, maar aangesien dit my ‘mobiele kantoor’ én kamera én notaboek én databasis is, moet dit maar saam waar ek gaan!

Wat is jou gunsteling gereg en restaurant ?
Kos speel nie ‘n belangrike rol in my lewe nie en uiteet ook nie en dit hang af van waar ek is en waarvoor ek lus is. Ek verkies restaurante met ‘n lekker atmosfeer soos Op die Plaas (Pretoria) of Die Bosvelder (Centurion) of selfs Kaai 4 in Mosselbaai.

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens ?
Asseblief net minder gewelddadige misdaad in die land, maar as dit te moeilik is vir hom, kan hy asb my Jeep kom was!
Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek het aan Albertinia Hoërskool gematrikuleer en is 26 jaar later, ná ‘n interessante, vol loopbaan en lewe in die Lugmag en as motor- en motorsportportjoernalis waartydens ek regoor Afrika en die wêreld gereis het, weer terug hier. Dit was goed en dit is nou óók goed.
Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van die Hessequa-streek?
Ons moet ons omgewing en die natuur waardeer en oppas. Dit is ‘n besonderse stukkie wêreld.

Wat is jou gunsteling tydverdryf of stokperdjie ?
Ek kan nie ‘n glasbottel weggooi nie en het vir die eerste keer tyd gekry (tyd gemaak) om iets kreatiefs te doen. Nou versier ek dit!

Kontakbesonderhede:
Tel: 082 458 8517

KLIPKOP INWONERS

article-pic-1

NUWE KLIPKOPINWONER IN STILBAAI VERDWYN
Hessequa Nuus het gehoor dat ons bekende klipkopmannetjie verdwyn het. Die vraag is nou: ‘Hoekom, wanneer en wie is so vernielsugtig”. ’n Rukkie gelede het Bobby Mitchley van Stilbaai ons vertel van ‘n nuwe inwoner wat hom kom tuis maak het regs van die hawe op die rotse by Skulpiesbaai. Bobby het ‘n foto van die meneer op Facebook geplaas wat groot belangstelling gelok het. Lesers het gevra waar presies hy hom bevind en of ons vir hulle kon sê wat sy naam is. Twee dae later verskyn daar weer ’n foto van hom waar hy liefderik met ’n baie aantreklike dame hande vashou. Hy het verseker nie gras onder sy voete laat groei nie. Weer was daar baie trefslae. Die storie loop omtrent lekker in die dorp en ‘n mens voel die die afwagting en hoor hoe die mense oor die karnallie praat. Die meneer is stomgeslaan oor die belangstelling in sy doen en late en slaan toe. Heeltemal stom is hy.  Hessequa Nuus het van die storie gehoor en ge vra dat enige iemand wat van die mannetjie weet en informasie oor hom het, na vore kom.

’n Rukkie later het Dawid Bester ’n foto geplaas van ’n hele klompie klipkinders by Skulpiesbaai. Dit het gelyk of Klipkopman sy gesin gaan haal het in Klipland.Party mense wou die groepie verf, maar die meerderheid het gevra dat hulle net so natuurlik gelaat word.Vandag het Bobby laat weet dat hy Klipkpman wou gaan groet het, maar dat hy verdwyn het.Hoekom sou iemand hom afbreek? Waar kom die vernielsug op die mooie Stilbaai vandaan?Dit is onstellend dat iets so natuurlik, oorspronklik en wat so ’n positiewe reaksie uitgelok het, net vir die grap daarvan verniel is. Ons voel saam met die kunstenaar of kunstenaars wat so ’n bietjie prettigheid aan Stilbaai wou bied.   foto-2

LIFE… with Elsa

article-pic-1

 

Why is my teenager cranky?
As we all know, the way teens and adults think and experience things vary completely.
Teenagers are sensitive and take everything personal.  In my professional opinion, teenagers behave in certain ways to avoid pain or gain pleasure and their behaviour is usually 95% of time, never who they really are. It does not make their behaviour okay, but it helps understanding it. Teens are constantly concerned with what others think of them, which makes it difficult for them to reach their goals, trust themselves and follow their dreams/hearts.

The best things a parent/guardian
/educator can do to help teenagers are:

  • Show them a mirror of their potential.
  • Show them how much you believe in their potential.
  • Inspire them to reach their potential.
  • Find effective ways to communicate.
  • Last but MOST important; Lead by example.
  • The best thing a teenager can do for himself/herself;
  • Communicate your thoughts/feelings/beliefs to those you love
  • Keep good company – people that are uplifting and contribute to you dreams.
  • Just be yourself

It is essential for teens to understand themselves and their emotions, have control over their emotions, know their potential, know their purpose, and be in balance. This will enable them to fore stand peer-pressure and other curve-balls life might throw at them. It will also enable them to completely be themselves, love life and reach their full potential.

Master NLP Pracitioner and Transformation Coach
Elsa Cronje 

article-pic-1