HUIS STILBAAI INWONERS ONTVANG KERSGESKENKE

 

Die Busy Lizzie Huis-en Tuinbouklub Stilbaai loods jaarliks ‘n projek om
Kersgeskenke vir die inwoners van Huis Stilbaai in te samel. Die jaar 2016
was weereens ‘n groot sukses. Die klublede het reeds vroeg in die tweede
helfte van die jaar begin om hulle bydraes na die maandelikse vergaderings
saam te bring.
Die kommitteelede het Dinsdag 6 Desember al die geskenke afgelewer. Die
bestuurder van Huis Stilbaai, Babs Kirchner, was verheug oor die gebaar. Dit
is nie almal van ons wat, om verskeie redes, so gelukkig is om oor die
feesgety saam met ons dierbares deur te bring nie. Om hierdie rede voel dit
net reg dat ons ook daar ‘n bydrae probeer lewer.
(Irma Huysamer)

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply