“IT’S TIME” nou ook in Kannaland

Groot aantal Ladismithers het die voorreg gehad om die Bloemfontein
“IT’S TIME” gebedsbyeenkoms van Angus Buchan te kon bywoon op 22 April vanjaar. Hulle het begeesterd teruggekom met ‘n visie om ‘n soortgelyke byeenkoms in Kannaland te hou.

Tydens ‘n vergadering waar ongeveer 70 gelowiges uit verskillende dele van die gemeenskap bymekaar gekom het, het die behoefte ontstaan om soveel as moontlik mede-gelowiges bymekaar te kry om te bid vir Kannaland.
“Die Here het op my hart gelê dat ALLE Christene van Ladismith, Zoar, Calitzdorp, Van Wyksdorp en die omgewing op 10 Junie 2017 op een plek bymekaar kom om saam te bid,” vertel Wim Krynauw, koördineerder van “It’s Time” Kannaland. Mense van omliggende dorpe is natuurlik ook welkom. Almal is welkom. As jy wil saambid, is jy welkom gesels Wim geesdriftig.

Past Leon Terblanche van Sedgefield gaan as spreker optree en die gebedsgeleentheid lei. Terblanche is bekend vir die video “Born to Win” wat sy lewensverhaal vertel en hoe hy destyds gekonfronteer is met die vraag “Waar is God?”

“It’s Time” Kannaland vind plaas op Saterdag, 10 Junie met lofsang vanaf 11:00 by Towerkop Park in Ladismith.

“IT’S TIME” nou ook in Kannaland
UITNODIGING NA DIE GEBEDSBYEENKOMS: 10 JUNIE 2017Bring u eie stoel en verversings (geen alkohol). Vir verdere navrae, kontak die organiseerders by:
071 449 9948.