LANGNEKSTORIES

Baron van Groot Vogel is van die eerste aankomelinge op Tuinplaas. Waar die titel “Baron” vandaan kom kon niemand met sekerheid sê nie , maar dat hy ‘n baie gesiene man is met groot aansien en bewondering kan niemand oor stry nie. (Daar word beweer dat daar iewers in die verlede ‘n paar blink klippies op sy pad gelê het en of hy hulle nou opgepik en ingesluk het kan niemand met sekerheid sê nie, so ons laat die gordyn oor die verlede sak) .

‘n Verkiesing word uitgeroep en die man wat alles hanteer, is natuurlik die Baron. Hy hanteer self die stembriewe , want niemand anders is bevoeg om dit te doen nie. Sommige stembriewe vul hy sommer self in , want baie van die Vogels kan nog nie lees of skryf nie. Toe dit by die tel van stemme kom hanteer hy ook sommer die ou spulletjie met gemak.

Na afloop van die stem telling word Baron von Vogel as die eerste President verkies. Hy wen loshande die eerste demokratiese verkiesing.

Die parlement moet nou saamgestel word. Baron verteenwoordig die o.v.v.k. (onafhanklike voël verkiesingskommissie) en die eerste minister wat aangestel word is ‘n dame met die naam van Marilyn. (Haar grootste bate natuurlik haar lyf en haredos). Sy word aangestel as Minister van almal se sake.

Die volgende aanstelling is Blitzvogel met die bynaam van Slakkie , want hy was nog nooit die skerpste potlood in die pakkie nie , maar ‘n dierbare voël. Hy word minister van ontwikkeling, vermeerdering, vinnige aanwas van getalle en behuising genoem. Hy is nou wel bietjie stadig maar baie betroubaar.
Daar word nou hard gewerk om al die owerhede in kennis te stel van die Republiek genaamd R.O.A.R (Royal Ostrich Ancestral Republic) wat vir die vogels op Tuinplaas gestig is.

Daar is baie briewe wat moet uitgaan en baie administratiewe werk wat gedoen moet word. Baron het ‘n hele paar sekretaresses aangestel om te help. Die keuring van die dames is deur hom behartig en onnodig om te sê hulle is almal iets vir die oog, want die beeld wat hy na buite moet uitsit moet goed lyk.
Almal op Tuinplaas is gelukkig. Vir sommige gaan dit bietjie vinnig en almal hou nie mooi by met al die verwikkelinge nie , maar hulle het baie vertroue in hulle President. R.O.A.R is die beste ding wat met hulle kon gebeur. Hulle rek hulle nekke net al hoe langer en tel hulle koppe ekstra hoog op en jy sal nie sommer daardie gelukkige glimlagte afgevee kry nie.

Tot volgende keer.
Groete van huis tot huis.
Vollie Volstruis

PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK-Martie Coetzee

U huidige beroep?
Werk by Plaaskombuis op Tuinplaas in Albertinia.

Wat motiveer jou?
My kinders en om elke oggend op te staan en te kom werk.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Boeke en oumense.

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
Om nie vroeër in Albertini te kom bly het nie.

As jy n persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Die queen van Engeland, want ek hoef nie kos te maak nie.
As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Gedeelte vir die kerk gee , vir my kinders gee en dan vir my en my man sorg. En ñ ouetehuis oop maak , waar almal verniet bly.

Ek verlaat nooit my huis sonder …
My handsak .

Wat is jou gunsteling gereg en restaurant ?
Sjokolade koek by Plaaskombuis op Tuinplaas , Albertinia.

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens ?
Om jonk te bly

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van die Hessequa-streek?
Wees lief vir mekaar en help mekaar …….
Wat is jou gunsteling tydverdryf of stokperdjie ? Lees

Kontakbesonderhede: Tel: 076 903 5146

AANPASSINGS IN VEEBOERDERY | ADAPTATIONS IN STOCK FARMING

Dr Derick Swart was Programbestuurder by die Landbounavorsingsraad se Instituut Dierevoeding en –produksie by Grootfontein Diere-ontwikkelings Instituut, Middelburg, Oos-Kaap.

Hy was betrokke by navorsing op kleinvee boerdery, en praat met ons oor aanpassings in boerdery praktyke. Toegang gratis – almal is welkom.

U3A Stilbaai verbeter die lewenskwaliteit van ouer mense, veral afgetredenes, en bevorder die behoud van intellektuele kapasiteit deur middel van stimulerende leer- en onderrig-programme en die sosiale kontak wat daarmee gepaard gaan.

Vir meer inligting oor U3A, besoek ons webtuiste: www.u3astilbaai.org

U3A
Maandag, 29 Mei 2017
09h00 vir 09h30
Die Waenhuis, Jagersbosch

 

 
Dr Derick Swart was Programme Manager of the Animal Production Institute of the Agricultural Research Council at Grootfontein Agricultural Development Institute, Middelburg, Eastern Cape.

He was involved in research on small-stock farming, and talks to us about adaptations in farming methods.Admission is free – all are welcome.

U3A Stilbaai improves the quality of life of people of mature age, especially retirees, and encourages the maintenance of intellectual capacity through stimulating programmes of learning and teaching and the social contacts derived therefrom.

For more information about U3A, visit our website: www.u3astilbaai.org

U3A
Monday, 29 May 2017
09h00 for 09h30
Die Waenhuis, Jagersbosch