HONDELISENSIES IN HESSEQUA MUNISIPALE AREA

Die volgende inligting en feite aangaande hondelisensies word graag onder die aandag van die publiek en vakansiegangers gebring.

Artikel 20(1)(a) van die Hessequa Munisipaliteit se Verordening Insake Openbare oorlaste en oorlaste wat spruit uit die aanhou van diere; bepaal dat iemand wat die eienaar van ‘n hond is mag: “…nie…sodanige hond aanhou tensy ‘n lisensiefooi wat deur die munisipaliteit bepaal is betaal is nie en sodanige persoon moet op aanvraag van ‘n gemagtigde beampte die kwitansie vir sodanige betaling toon”

Hierdie tariewe word jaarliks hersien en word – soos enige ander munisipale tarief- vir kommentare en insette ter tafel gelê en word die publieke deelname proses gevolg voordat die tariewe teen einde Mei van elke jaar finaal deur die Raad goedgekeur word. Die tariewe kan op die munisipale webtuiste www.hessequa.gov.za nagevors word.

Hondelisensie is jaarliks voor einde Augustus betaalbaar. Kennisgewings om die publiek hieraan te herinner en ook inligting oor die tariewe, word binne die munisipaliteit se kommunikasiebeleid versprei. Die relevante verordening wat hondelisensie reguleer is sedert 23 Maart 2012 reeds in plek en word so toegepas. Dit blyk egter dat die publiek steeds onigelig is hieroor.

Bovermelde verordening word deur die Wetstoepassingsdepartement as projek bestuur waarvan die eerste fase die uitdeel van pamflette is om bewusmaking te bevorder. Die opvolg fase is om hondelisensies na te gaan en ‘n tweede geleentheid te bied om die relevante lisensie uit te neem. Die finale fase van die projek is om teen die honde eienaar op te tree wie steeds in versuim is. In alle opsigte word aan die honde eienaar ‘n billke geleentheid gebied om ‘n lisensie te bekom. Die projek word in alle dorpe uitgerol.

Die jaarlikse begroting vir dierebeheer se uitgawes oorskry die inkomste by verre. Dit word beklemtoon dat die munisipaliteit nie dierewelsyn hanteer nie –dit word deur onafhanklike organisasies hanteer alhoewel daar ook jaarliks vir bydraes tot spesiale sterilisasie of “dip” projekte begroot word. Die munisipaliteit se dierebeheer funksie sluit onder andere in die skut van diere, uitsit van geskutte honde en katte wat nie opgeeis word nie of diere wat vrywillig oorhandig word deur deernis huishoudings met die versoek om die dier te laat uitsit.

Daar word van huishoudings wat ‘n hond wil aanhou verwag dat die eiendom behoorlik omhein sal wees. Hierdie bepaling het onder andere ten doel om te verseker dat die dier nie ‘n gevaar of oorlas vir ander mense is nie, nie ander se eiendom en tuin beskadig nie of in openbare plekke en die straat kan afdwaal nie.

Ingevolge art 29 van dieselfde verordening het die munisipaliteit die mag/bevoegdheid om enige persoon of klas van persone vry te stel van enige of al die vereistes en mag dit enige ander vereistes oplê wat dit as geskik beskou. Vakansiegangers sou byvoorbeeld ‘n “klas van persone” wees wat kwytgeskeld word van die uitneem van hondelisensies of die vereiste dat ‘n vakansiehuis wat gehuur word omhein moet wees.

Dit is voor die hand liggend dat ‘n vakansieganger nie ‘n gevaarlike groot hond wat nie binnenshuis gehuisves kan word vry sal laat rondloop indien die erf nie omhein is nie. Dit sal egter steeds van die besoeker aan ons munisipale area verwag word, soos van alle honde eienaars verag word, om te alle tye ten volle beheer oor die dier uit te oefen om te verseker dat die hond byvoorbeeld nie sonder ‘n leiband in openbare plekke beweeg nie.
Art 19(2) van gemelde verordening bepaal dat: …niemand mag ‘n hond binne 50 meter vanaf ‘n kennisgewing wat die teenwoordigheid van die hond verbied bring of toelaat dat dit daar gebring word nie” Die implikasie hiervan is dat daar nie spesifieke afgesperde openbare oop ruimtes is waar honde vrylik en sonder ‘n leiband mag beweeg nie. Daar is wel gebiede buite die blouvlag strande en waar daar nie kennisgewingborde op strande aangebring is waar geen wetstoepassing plaasvind nie. Die algemene reël is egter steeds dat honde nie ‘n oorlas vir ander mag veroorsaak nie.

Vir enige verdere navrae oor die bewusmakings projek of aan hou van diere kan u kontak maak

met die Hoof Beskermingsdienste mnr A Voss by vossie@hessequa.gov.za of die munisipale webtuiste www.hessequa.gov.za besoek.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply