STILBAAI SE KUIERKOS RESEPTEBOEK BEKENDSTELLING

Die Busy Lizzy Huis- en Tuinbouklub in Stilbaai het Dinsdag 19 September hul jaarlikse fondsinsamelingsfunksie vir Huis Stilbaai en Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum in die gemeenskapsaal Stilbaai gehou. Elsabe Alderich, die pretprater, was die gasspreker. Die projek is vir ons moontlik gemaak deur die wye ondersteuning van goeie borge. Die “Mad Hatter Tea Party” was ‘n groot sukses en die spreker het die gaste behoorlik laat lag.

Die Busy Lizzy Klub het ook van die geleentheid gebruik gemaak om hul resepteboek, STILBAAI SE KUIERKOS, bekend te stel. Al die resepte is getoetste resepte verkry van die klublede en hul vriende. Die projek is vir ons moontlik gemaak deur die ondersteuning van VAN LOVEREN, SOIL, MOSSTRICH, STILBAAI SPAR EN LADISMITH KAAS wat die volle drukkerskoste vir ons betaal het. Die boek beslaan 224 bladsye, mooi kleurfotos en verkoop vir R150.00 elk. Ons hoop om dit landwyd te versprei deur middel van die toeriste wat op Stilbaai kom vakansie hou. Deur die herdruk van eksemplare kan dit ‘n langtermyn projek word om fondse vir die twee instansies te genereer. Die boek is verkrygbaar by Helena le Roux, Christa Kunz, Leone de Koning en Maryna Huggett, maar enige klublid sal u kan verwys.

Alle fondse wat deur die projekte van Busy Lizzie Huis- en Tuinbouklub genereer word, word verdeel tussen Huis Stilbaai en Jagersbosch.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply