van die Redaksie

Suksesvolle en gelukkige mense word deur ander bewonder en dit maak hulle ‘n maklike teiken vir jaloesie.

Jaloesie is niks anders as afguns op ander vir dit wat hulle is, het, of bereik het nie.

Volgens my is jaloerse mense dikwels ongelukkig, met ‘n lae selfbeeld, bang en kwaad vir die wêreld.
Maar as hulle net besef dat jaloesie so onnodig is. Elkeen van ons is uniek met verskillende en wonderlike gawes en talente. Dit moet net ontdek word.
Aanvaar en hou van jouself net soos jy is.

‘n Goeie selfbeeld sal verseker dat jy jouself na waarde sal ag.
Jare nadat ek die woorde op ‘n plakkaat teen die muur van ‘n Kinderhuis gelees het bly dit steeds by my: “I know I am a something, because God, he makes no junk”.

Fokus op dit waarmee jy goed is en vergeet om ander te beny vir wat hulle kan doen. Dinge gaan in elk geval nie altyd so goed met ander as wat dit lyk nie.

Jaloesie van ‘n vriend (in) maak seer maar voor jy terugkap en oorreageer onthou: “’n Jaloerse persoon se optrede sê iets van hulle en hoe jy daarop reageer, sê weer iets van jou” !
Probeer die persoon se optrede verstaan en moet nie oor jou vriend (in) skinder nie. Vir al wat jy weet gaan hulle deur ‘n moeilike tyd. Wat ookal – moet net nie toelaat dat hulle optrede jou terughou om te presteer of om te doen wat jou gelukkig maak nie.

Jy mag nie toelaat dat iemand se jaloesie jou in jouself laat twyfel en met ‘n minderwaardigheids gevoel/kompleks laat nie.

Dis juis die tyd wat jy jou ster moet laat blink.

“Jealousy is when you count someone else’s blessings instead of your own”.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply