SKENKINGS GEVRA Laerskool Melkhoutfontein se Leesprogram

‘n Groep vrywilligers uit Melkhoutfontein en Stilbaai is noual ongeveer twee maande met ‘n wonderlike leesprogram vir kinders in die Laerskool besig.

‘n Wonderlike voorreg het die werkers by Ouma Lena se huis te beurt geval toe hulle ‘n Tina Cowley leeskursus as geskenk ontvang het. ‘n Kursus wat andersins baie duur is om aan te koop.

Die kursus is wetenskaplik uitgewerk, om kinders wat sukkel, te leer lees. Dit is ‘n “franchise” bekend aan 110 skole landwyd en nou ook gratis tot die beskikking van die kinders van Melkhoutfontein. ‘n Geleentheid om deur vrywillige Tannies wat elke dag van die week daarheen gaan en tyd afstaan om die kindertjies hierdie vaardigheid te leer. Dit vind onder die beskerming van Badisa plaas, en die vrywilligers gebruik die fasiliteite van Ouma Lena se huis.

In samewerking met die Laerskool is ‘n klompie kinders wat met leesvaardighede sukkel, geïdentifiseer.

Die meeste van die kinders het agtergeraak met lees en skryf, iewers in die skool, agv verskeie omstandighede en sukkel nou in ‘n hoër graad om die werk onder die knie te kry. Met die groot klasse in die skole is daar nie altyd tyd om diegene wat sukkel te help nie.

Die kursus word gedoen met die hulp van rekenaars en op die oomblik word dié rekenaars wat daar is, gebruik vir ‘n ander rekenaar program waarmee die skool se kinders, ook gehelp word.

Met bogenoemde in gedagte vra hulle nou die gemeenskap en besighede in die omgewing vir hulp en donasies.

Rekenaars of “laptops” in werkende toestand, word benodig om die leesprogram aan te bied.

So as daar persone, besighede en/of instansies is wat ‘n skenking wil maak of wat “ou-rekenaars” het om uit te gooi kontak asb:

Jenny Olivier :
082 565 0979

Annelie van Reenen:
071 671 9651

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply