BESIGHEIDS FOKUS – Muir Vakansiewoonstelle

Untitled-1

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf.
Muir Vakansiewoonstelle is ‘n selfsorg besigheid. Ons het 8 eenhede wat verhuur kan word en bied slaapplek vir tussen 4 en 6 persone (slaap 34).

Wanneer het u besigheid begin?
My Pa (John Muir Snr) het in 1978 begin met die bouery, en dit was ook die eerste vakansiewoonstelle in Stilbaai.

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
My Pa se sukses met die besigheid het my aangespoor om voort te bou daarop.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Uitsluitlik die toerisme mark.

Watter produkte/dienste bied u aan?
Muir Vakansiewoonstelle is ten volle gemeubileerd, het Dstv, WiFi en heerlike privaat
braaigeriewe.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
Ons het gereelde gaste wat al vir baie jare na ons toe kom. Daar is al ‘n gevoel van tradisie by Muir Vakansiewoonstelle. Ons het lae kompeterende pryse vir gerieflike eenhede wat loopafstand van die hawe, see en gholfbaan is. Ons is in ‘n stil gevestigde area geleë.

Persoonlike/hoogtepunte /suksesse/prestasies.
Sukses is die feit dat ons gaste het wat gereeld terugkom na ons woonstelle toe en hul vriende na ons toe verwys.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Jare se ondervinding en persoonlike interaksie met ons gaste. Ons eenhede is altyd uiters netjies en ons lewer konstante goeie diens, kantoor- en na-ure.

Voltooi die volgende stellings:
“Ondervinding het my geleer dat …”
Mense se behoeftes, primêr of sekondêr, almal dieselfde is. By Muir Vakansiewoonstelle
kry jy altyd sielsrus met uitstekende diens. Ek glo in persoonlike interaksie en dat konstante hoë standaarde van diens gehandhaaf moet word.
“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied …”
My besigheid sal aanpasbaar wees volgens die gaste en markverwante behoeftes asook tegnologiese veranderings.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel.
O, daar is baie!
Eet, bid, speel, wees lief, hê balans en leef voluit …
Leef elke dag só dat dit mooi herinneringe sal word. Elke dag se leef word bakens op jou “memory lane”! Jou herinneringe eendag word bepaal deur hoe jy nou leef.

Kontakbesonderhede: Naam: Karin Hassel
Tel: 028 754 1189
Sel: 082 413 0765

 

Suid-Kaapse kusgrond-verwarring

Onlangse bewerings dat staatsgrond aan die Suid-Kaapse kus, onwettig deur privaat eienaars oorgeneem is, is by ‘n samekoms van landmeters deur die landmeter-generaal weerlê.
Die landmeter-generaal, John Obree, het op 14 Oktober in Kaapstad aan die Geomatika-instituut gesê die verwarring spruit uit ‘n wanvoorstelling oor die rooilyndiagramme waarmee in 1879 begin is en wat in 1927 geskrap is.

Die indruk is onlangs foutiewe geskep dat strandreserwes van die staat bestaan op privaat eiendomme aan die kusstrook van 50km tussen Gouritsmond en Stilbaai.

Obree meen daar is geen staatsgronde aan dié kusgebied nie. “Selfs al sou daar wees, sou dit duidelik op die titelaktes van grondeienaars omskryf wees,” sê hy.

In 1879 het landmeters met rooilyndiagramme begin om foutiewe oorspronklike diagramme reg te stel. Die eerste opmetings van grond was in 1657. Maar namate tegnieke en toerusting verbeter het, het landmeters foute op geregistreerde karate teëgekom.

In 1879 (Twintig jaar later) het ‘n wet gereël dat landmeters grenslyne in rooi kan trek om verskille uit te wys. Dus is die nuwe opgemete data sowel as die oorspronklike data nog op rekord.

Sowat 58 jaar later het die Wet op Opmeting van 1927 die landmeter-generaal gemagtig om ‘n onjuiste oorspronklike diagram reg te stel, en die gebruik van rooilyndiagramme is gestaak. Talle rooilyndiagramme bestaan egter nog, wat lei tot die wanbegrip en verwarring meen, Obree.

PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK – Johannie Vermeulen

Untitled-1

Naam en Van
Johannie Vermeulen

U huidige beroep?
Mede-eienares van Stilbaai Kelders

Hoe lank woon u al in Hessequa area?
18 jaar

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Verskillende kulture, reis en natuurlik goeie wyn.

Wat is die een fliek wat jou altyd laat lag?
Madagascar, Ice age.

Watter nuttelose talent het jy waarvan niemand weet nie?
Ek het ‘n talent om goed te laat verdwyn…..Sleutels, bankkaarte, bestuurderslisensie, penne, my handsak. Partykeer laat ek dit vir weke verdwyn… en dan uit die bloute duik dit weer op. Dit dryf my familie en vriende teen die mure uit, terwyl ek glo dis ‘n rare talent.

As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Enige F1 wenjaer. Ek hou nogal van vinnig ry.

Watter boek lees jy tans?
College SA history of Architecture.

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Ek sal eerste een of twee welsynsorganisasies wat na aan my hart lê finansieël help.
Daarna sal ek ‘n ‘dual bike’ aanskaf. En dan natuurlik ons land gaan verken met hom.

Ek verlaat nooit my huis sonder …….
mmm…Ek verlaat die huis sonder meeste goed en moet 95% van die tyd terugdraai vir
motorsleutels/beursie/handsak/Balloo(pappegaai.

Jou gunsteling restaurant en gereg?
Willoughby’s se sushi in die Waterfront – Kaap.

Wat is jou gunsteling vakansie bestemming?
NZ – Noorde-eiland, Parys – Europa, of enige plek met see, ‘n berg en staproetes waar ‘n tent opgeslaan kan word.

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek lei aan baie erge ‘stage freight’.
Ek is ietwat van ‘n adrenalien junky.
Ek was ‘n springbok skopbokser in 2002.
Ek het ‘n liefde vir “interior decorating” en “designing” en studeer dit ook tans.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van stilbaai?
Ons bly in Stilbaai vir ‘n rede:
1. Hou op “komkommer” oor dinge wat nie saak maak.
2.Begin elke nuwe dag met ‘n huppel in jou stap.
3. Waardeer EN beskerm ons mooi dorp. 4.Help ander.
5. Lag.
6. Sê wat jy wil sê
7.Wees stout.
8. Sê dankie na Bo.
9. As dit ‘n rowwe dag was – drink ‘n glasie wyn.
10. Begin die volgende dag weer by 1.
Johannie Vermeulen – 082 050 0575

Oudebosch Guest Farm

 

CLOSEST TOWN – Riversdale
TRAIL DESTINATION – Langeberge
DISTANCE – 5–80km
GRADING – Easy to intermediate

OVERVIEW
The stunning routes starting from Oudebosch Guest Farm range from 5km to 80km. Riders can explore the beautiful nature of the Lange­berg ranges or even cross these Southern Cape mountains to explore the Little Karoo lying beyond the craggy peaks.

All three routes take you through the beautiful valley and mountain landscapes between Heidelberg and Riversdale. You will experience the tranquillity of this rich farm­ing area, while having the peace of mind of a secure environment. None of the routes are very intimidating to cyclists, although the 80km route will be more suited to experi­enced mountain bikers. [div2 class=”highlight1″]

On your bike
Beginner: 20km route
Duration: 1h23min at 14km/h
Total ascent: 419m
Difficulty rating: 2/5

Intermediate: 44km
Duration: 2h50min at 17.1km/h
Total ascent: 844m
Difficulty rating : 3/5

Experienced: 84km route
Duration: 4h46min at 17.1km/h
Total ascent: 1556m
Difficulty rating : 5/5[/div2]

Off the bike
Horse riding, canoeing on the dam, swimming, hiking, bird watching, black bass fishing, your children can collect chicken eggs or you can just sit back, relax and enjoy the fresh air and wide open spaces.

CONTACT:
More information: Riversdale Tourism
Tel: +27 28 713 1996
Website: www.oudebosch.co.za
Email: oudebosch@telkomsa.net
Tel: Linda Muir +27 82 923 1469

GPS: 33°58’55.2”S 21°06’48.5”E

JY IS WAT JY EET – DEEL 3

Wat kan ek doen om ongesteldheid en lewenstylsiektes te voorkom? CANCER – Yes, there is a cure and yes, you can prevent it!
KANKER – Ja, daar is `n kuur en ja, jy kan dit voorkom!

Kan ek werklik iets doen om siekte en ongesteldheid te voorkom?
Daar is HOOP! Maar dit kos `n verandering…
Jou liggaam is wonderlik ontwerp! Jou liggaam het die vermoë om homself te herstel en te genees. Jy is in beheer van wat in jou liggaam gaan, en dit is in jou vermoë om na jou liggaam te luister en hom die nodige voeding te gee wat hy benodig, sowel as om ontslae te raak van die gifstowwe wat jou vergiftig.

Dis nou as jy weet wat die gifstowwe en nadelige elemente is wat jou so laat voel of reageer. Sodoende kan jou liggaam optimaal funksioneer en sal jy krag en energie hê om `n kwaliteit lewe te geniet. Jy kan siekte en ongesteldhede (hoofpyne, oorgewig, hartsiektes, hoë bloeddruk, allergieë, sinus, cholesterol, kanker, maagkwale ens) voorkom en teëstaan deur jou lewenstyl aan te pas.
Hier is stappe wat jy kan volg:

1. Drink goeie skoon water, ongeveer 2 liter daagliks.
2. Eet organies, vars groente en vrugte (eat whole-foods).
3. Eet 50% tot 70% van jou groente en vrugte rou.
4. Neem daagliks natuurlike probiotika in (kefir, sauerkraut, kombucha).
5. Neem daagliks Omega 3-olie.
6. Eet baie min diereprodukte (vleis ens, klein porsies, twee of drie keer per week). As jy eet, moet dit nie eet as jy nie weet waar dit vandaan kom nie – dit moet organies (natuurlike voeding/weiding, vrylopende diere) wees.
7. Kook in glas-, vlekvrye staal- of gietysterpotte (geen aluminium).
8. Vermy enige diepbraai van kosse in olies. Vermy sonneblomolie en kanola-olie. Gebruik
klapperolie en druiwepitolie vir braai. Olyfolie slegs oor koue kos of as kos klaar gaar is.
9. Vermy alle verwerkte, verpakte voedsel (processed foods).
10. Vermy 100% vrugtesappe, tensy dit self gemaak is.
11. Vermy ALLE suiker en onnatuurlike versoeters.
12. Vermy ALLE soja produkte.
13. Vermy alkohol, rook en ander dwelmmiddels.
14. Vermy koffie, kaffeine-drankies en alle gaskoeldranke.
15. Vermy grane. As jy grane eet, maak seker dit organies en vars gemaal is. Vermy alle brode in winkels, bak dit self.
16. Vermy gluten.
17. Vermy ALLE Geneties Gemodifiseerde (GMO) kosse (groente, vrugte, vleis ens).
18. Vermy alle margarien, gebruik eerder botter of klapperolie.
19. Vermy die gebruik van `n mikrogolfoond.
20. Kry gereelde oefening.
21. Moenie heeldag sit nie, beweeg rond.
22. Kry kwaliteit slaap, 7 tot 8 ure per dag.
23. Wees buite in die sonlig, ongeveer 10 tot 15 minute per dag, vroegoggend, voor 10:00.
24. Gebruik selfgemaakte tandepasta en mondspoelmiddels.
25. Gebruik natuurlike seep vir jou liggaam, hare, skottelgoed en wasgoed, sowel as vir huishoudelike doeleindes.
26. Vermy sonbrandroom.
27. Vermy deodorant, gebruik natuurlike produkte.
28. “Earthing”: Loop kaalvoet buite op die grond.

“Moenie dooie-kos eet en verwag om te lewe nie!”
“Die antwoord is nie in `n pil nie, dit is in jou … en in dit wat jy eet!”

Kontak ons gerus vir meer inligting.

Tel: 028 754 3736
E-pos: stilbaai@healingtruth.co.za
Webwerf: www.healingtruth.co.za