Die mooiste kunswerke is besig om in te stroom vir die jaarlikse KANSA Art From The Heart- wat op Vrydag, 6 Oktober 2017 om 18:00 by die St Augustine Kerksaal, Meadestraat, George, aangebied word. Meer as 50 kunstenaars vanuit die Klein-Karoo en die Suid-Kaap neem vanjaar aan die projek deel.
Stilbaai het vanjaar weer van die mooiste skilderye ingestuur. Deelnemende Kunstenaars is onder meer Anita Barnard, Leone de Koning, Margie Smith, Chris Neser, Hugonda Breytenbach, Kassie van Noorwyk, Annie Albertyn en andere.
KANSA voorsien deelnemende kunstenaars van skilderdoeke en die hartskunswerk van die onderskeie kunstenaars word dan aan KANSA geskenk. Al die betrokke kunstenaars se werke word dan op Vrydag, 6 Otober 2017 uitgestal en opgeveil ten bate van KANSA Suid-Kaap Karoo wat die fondse weer op hul beurt aanwend vir dienslewering in die Streek.
“Ons is besonder dankbaar teenoor elke kunstenaar. Die werke wat ons tans al ontvang het is pragtig en werklik besonders. Die publiek is welkom om die veiling van die Suid-Kaap se beste kunstenaars by te woon teen R50 per persoon.
Vir meer inligting kontak Lucinda by 044 874 4824 of 082 66 33 529 of epos by lucinda@cansa.org.za.


Die jaarlikse KANSA Borskankerstap het vanjaar ‘n tema wat werklik skakerings vermaak vir die deelnemers skep. Die tema vir vanjaar se borskankerstap is “Shades of Pink”. Die borskankerstap vind ouder gewoonte weer by Langeberg Mall plaas, hierdie keer op Woensdag, 11 Oktober.
Die Busy Lizzy Huis- en Tuinbouklub in Stilbaai het Dinsdag 19 September hul jaarlikse fondsinsamelingsfunksie vir Huis Stilbaai en Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum in die gemeenskapsaal Stilbaai gehou. Elsabe Alderich, die pretprater, was die gasspreker. Die projek is vir ons moontlik gemaak deur die wye ondersteuning van goeie borge. Die “Mad Hatter Tea Party” was ‘n groot sukses en die spreker het die gaste behoorlik laat lag.