DIE KOSPAKKIE (Hannlie Gee Om)

In November en Desember gaan Die Kospakkie aan ongeveer 500+ minderbevoorregte kinders in die Suid-Kaap ʼn klein Kersgeskenkie gee. Ons benodig die volgende items asb. om ʼn sukses van hierdie projek te kan maak.

Benodig vir die partytjie:

Lekkergoed (Sweets bv. toffies, suigstokkie, marshmallows, Fizzers, ens.)
Skyfies (Chips bv. klein Niknaks pakkies wat in sakke van 50 verkoop word)
Koeldrank (Verkieslik in klein boksies, botteltjies, sakkies – aanmaak koeldrank is ook welkom)
Springmielies (Popcorn)
Koekies (Klein koekies)
Koek- Kolwyntjie mengsel (Die wat in bokse kom, sodat ons cup cakes daarvan kan maak)
Plastiek sakkies (Ongeveer die grootte waarin jy brood koop).
Enige ander items is ook meer as welkom.

Benodig vir die geskenke (seuns & meisies):

Geskenkpapier of geskenksakkies (nuut of gebruik – die wat gebruik is gaan ons net weer glad stryk)
Kleefband (Sellotape)
Tandepasta
Tandeborsel
Koekie seep
Waslap
ʼn Speelding (sien lys onder)
Skryfbehoeftes (sien lys onder)
Algemene skool benodighede (sien lys onder)
Enige ander items is ook meer as welkom.

Idees vir ouderdom-groepe:

0-3 jaar = ʼn Speelding bv. pop, karretjie
4-8 jaar = Potloodsakkie/blikkie, vetkryte, skerpmaker, liniaal, A5 oefen boek, stompneus skêr, gekleurde papier, kosblik met ʼn koeldrank bottel, plakkers, inkleurpotlode, gom uitdraai kryte.
9-10 jaar = Woordeboek, olie pastelle, HB potlode, Balpunt pen, plastiek oortreksels vir boeke, sakrekenaartjie, Potloodsakkie/blikkie, vetkryte, skerpmaker, liniaal, A5 oefen boek, stompneus skêr, gekleurde papier, kosblik met ʼn koeldrank bottel, plakkers, inkleurpotlode, uitdraai kryte, gom.
11-18 jaar = Highlighters, wiskunde-stel, dagboek, notaboekie, Potloodsakkie/blikkie, vetkryte, skerpmaker, liniaal, A5 oefen boek, stompneus skêr, gekleurde papier, kosblik met ʼn koeldrank bottel, plakkers, inkleurpotlode, gom, gekleurde penne, veselpenne (“koukies”).

Skenkings kan na die volgende afset punte geneem word:

RIVERSDAL: PostNet, Winkel 1, Dicksonstr 12, Riversdal, Amanda Louw 074 323 7813
STILBAAI: Bellevue Resort, Osler str 8, Stilbaai-Oos, Christa Uys 028 754 1505,
ALBERTINIA: SMS of bel vir (Hannelie) by 073 543 8778
GOURITSMOND: Hanlie Koffie Stories, Hanli Venter 082 854 3105. 0f Carina Marias 071 185 2588.

STILBAAI – MELKHOUTFONTEIN – JONGENSFONTEIN GELEENTHEDE – EVENTS

ñ Ingeligte gemeenskap is ñ gelukkige gemeenskap – An informed community is a happy community

Suid-Kaap Kinderkoor Gala Konsert | 14 Okt ’17 | 18H30 | Stilbaai Gemeenskapsaal | Mike Steytler | 028 754 1181

Suid-Kaap Kinderkoor Gala Konsert | 14 Okt ’17 | 18H30 | Stilbaai Gemeenskapsaal | Mike Steytler | 028 754 1181

Rolbal -Stilbaai Classic | 19 – 21 Okt ’17 | 09H00 | Stilbaai Rolbalklub | Veronica Engright |073 299 8957

Huis Stilbaai Golfdag | 21 Okt ’17 | Stilbaai Golfklub | Hennie Slabbert | 082 890 4025

Blissful Ladies – “Voluit Vrouwees” | 21 Okt ’17 | 13H30 | Jongensdal (Blombospad) | Didi Serfontein | 028 754 2236

U3A Stilbaai Maandelikse Vergadering |30 Okt ’17 | 09H00 |

Die WaenhuisRolbal – Borgdag | 01 NOV ’17 | 13H30 |

Stilbaai RolbalklubFondsinsamelingsete Stilbaai Sakekamer | 03 NOV ’17 | 19H00 |

Stilbaai GemeenskapsaalJaersbosch Buitekombuis | 04 NOV ’17 | 09H00 |

Die WaenhuisMannekooroptrede Tbv Jagersbosch & Huis Stilbaai | 10 & 11 | 19H30 |  Ng Kerksaal Oos | Veronica Engright |  073 299 8957

Rolbal – Borgdag | 22 NOV ’17 | 13H30 | Stilbaai Rolbalklub | Veronica Engright | 073 299 8957

Jagersbosch Buitekombuis | 02 DEC ’17 | 09H00 |

Die WaenhuisStilbaai Kuns & Kersmark | 9-23 DES ’17 | 09H00-17H30 | AGS Stilbaai Kerksaal

GEDIG DEUR: Bernard Fielies

My selfoon, lafenis vir my lot
en die sleutel vir my siel se slot

so versot op jou, sal voor jou swig,
soek jou konstant teen my gesig

net oë vir jou, ander kom laaste;
kom woon tussen my en my naaste

moet my “status” op “whatsapp update”, “add friends” op “facebook” my saligheid

“change” my “profile pic” wéér, min gespin wag die “likes and comments” sommer in

ek wil “afshow” en my “selfie share”,
waar ek tuitmond tussen vuil wasgoed lê

sluimer in, maar wil my oë nie sluit
en voel hoe jy hier langs my “vibrate“

ek baklei teen vaak, “battery low;
ag, gee my maar net ‘n “charger” gou…

Deur: Bernard Fielies 072 271 9205

RUBRIEK UIT STILBAAI

Onderstrominge van aktiwiteite hier in Stilbaai. In sommige strate word gate toegeplak, ander weer word oorgeteer; nuwe stopstrate verskyn; vensters en deure van huise wat die hele jaar toegestaan het, word oopgemaak; daar word afgestof en uitgevee.

Die afgelope langnaweek en met die kort vakansie, het mense begin aankom vir ‘n vrolike weersiens met familie en vriende en daar word oor en weer gesels en gekuier.
Die winkels wemel en mense koop hul kope. Winkeliers se rakke staan vol nuwe goed. Pakkers moet bybly om voorrade aan te vul. Dis nog nie swaarkry tyd in Stilbaai nie.

Nuwe huise word by die dosyne gebou en bouers moet hul voete lig om die huise klaar te kry voor die Desember vakansie. Verskaffers moet bontstaan om aan almal se versoeke te voldoen. Daar is ook ‘n hele aantal bestaande huise wat onlangs verkoop is.

Beskikbare grond om die rioolstelsel te verbeter, word tans sentimeter vir sentimeter opgemeet. Die landmeting word gedoen om te sien of daar ondergronds nog plek is vir addisionle kabels en dikker rioolpype onder die sypaadjies. Opgradering is nodig wanweё die inkommerploffing wat die afgelope jare in die dorp gebeur het. Die opgradering is noodsaaklik sodat riool nie in die see of die rivier beland nie.

Ons is dankbaar dat aan hierdie belangrike aspek van ontwikkeling aandag gegee word voor die vakansie sodat daar nie onaangenaamhede is vir die ongeveer dertigduisend besoekers wat verwag word tussen Kersfees en Nuwejaar nie.

Tans het Stilbaai bykans sesduisend permanente inwoners. In 1995 was daar tweeduisend vyfhonderd. Dis deesdae jongmense met kinders wat hier hul intrek kom neem omdat hulle veilig en vry wil wees.
Ai, die put-put baan wat reeds so onbenut daar langs die Bellevue staan.
Wes van die brug was daar jare gelede ‘n groot sementblad. Daar waar die skuitjies langs die rivier lȇ. Jongmense het bedags daar geskaats met hul rolskaatse en saans daarop gedans!

Vir draf, stap, fietsry, ‘windsurfing,’ en ander seeaktiwiteite wat tot meer waaghalsigheid lei, is Stilbaai die beste. Draf en stap is ‘n fisies en geestelik gesonde tydverdryf. Enkele stappers hou van die wind, al is hy hoe sterk. Daar op die ‘beach hier langs die see’ waai die wind probleme weg. Windverwaaide hare, bloesende wange en ‘n huppel in die stap bring weer verligting vir ‘n swaar gemoed.

Huishorlosies en radios moes met die aanbreek van lente twee minute teruggeskuif word. DSTV tyd is twee minute agter Suid Afrikaanse tyd.

Mense hier in Stilbaai het gewaarsku om wintersklere nie te gou weg te pak nie. Dit is toe so. Na enkele dae se heerlike sonskyn en amper somerhitte, dwing die suidwestewindjie se ysige koue jou om skuiling te soek en weer komberse uit te haal.

Met die lekker sonskyndae is daar egter irritasies. Muggies zoei om jou ore en steek gate in jou kop as jy in die tuin werk. Netnoumaar kom die vlieё, muskiete en ander goggas wat uit die niet hul intrek neem in jou huis.

Intussen verkyk mens jou aan die kleurvolle en asembenewende tuine vol blomme oral. Geel, pers, blou en wit bossies stoot behoorlik mekaar weg om beter gesien te kan word Die geel bitou bossies was eerste om die lente te verwelkom. En dan het óns nie eers die blommetjies in die velde geplant nie. Hulle kom sommer net op!

Baie inwoners hier in Stilbaai is bekommerd oor die buitelanders wat so werkloos in die strate rondloop. Logika sȇ dit lyk nie reg nie.
Thea Scheepers