PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK | Kotie Cilliers – Harcourts

15

Naam en Van
Kotie Cilliers

U huidige beroep?
Prinsipaal Harcourts Stilbaai.

Hoe lank woon u al in Stilbaai
10 Gelukkige Jare.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Boeke.!!! Ek is die plaaslike Biblioteek se grootste ondersteuner. Ek is baie lief vir lees.

Wat is die een fliek wat jou altyd laat lag?
Semi Soet. Mooi verhaal met baie humor.

Watter nuttelose talent het jy waarvan niemand weet nie?
Ek skilder graag , maar omdat ek nie die skilderye verkoop, sal ek sê dat dit vir my nutteloos is, maar ek geniet dit baie.

As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Gerrie Pretoruis van die joernaal program LEEF JOU REIS. Ek dink dit moet wonderlik wees om in werkverband al die Vreemde plekke en mense te ontdek en te ondersoek. Ek is baie lief vir die natuur en hou van die avontuur wat daarmee saamgaan.

Watter boek lees jy tans?
Laat daar ruimte wees – Mara Prinsloo.
As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Ek sal dit definitief in eiendomme belê. Ek dink ons betree nou weer ‘n goeie groei tydperk.

Ek verlaat nooit my huis sonder …….
Dat my hare gedoen is en ek grimering aan het nie.

Jou gunsteling restaurant en gereg ?
In Stilbaai is my gunsteling restaurant: On The Rocks!!!!!
My Gunsteling gereg is die Cheddermelt Steak

Wat is jou gunsteling vakansieplek?
Mauritius. Ek is mal oor die tropiese eilandgevoel , die mooiste natuur, wit strande, snorkel en die onderwater lewe.

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.

Ek is gebore in Vanderbijlpark en het my skoolloopbaan in Meyerton by Hoërskool DR. MALAN voltooi. Ek is 38 jaar gelede met my skoolliefde Piet Cilliers getroud en ons is geseën met 2 kinders. Sarel 36 en Drienie 34 en 4 kleinkinders.
Ek hou van visvang en reis as die geleentheid hom voordoen
Vir DEFY het ek 6 jaar die kookskool bestuur en klas gegee.
Ek was 14 jaar die alleeneienaar van Vaal Potteries Kantien in Meyerton en het elke dag aan honderde mense kos voorsien.
Ek betree die eiendomsmark in 1998 en ontdek dat ek hou van Mense en om hulle gelukkig te maak betreffende die koop en verkoop van hul eiendomme. Ek het die Eiendoms Raadsekamen,, NQF 4 En 5 gedoen asook PDE 5. Sedert 2012 is ek mede-eienaar en Prinsipaal van Harcourts Stilbaai.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van Stilbaai?
Stilbaai is ‘n unike dorp, enig in sy soort met die mooiste natuurskoon, son, see, rivier en vredeliewende inwoners. Ek wil ‘n beroep op al die inwoners doen om ons dorp te koester en te bewaar vir ons nageslag.

 

Print Friendly, PDF & Email