PRYSUITDELING -SEAGULLS RUGBY

article-pic-1

Wanneer 2 jong leerders van Melkhoutfontein Primêr dit foto-4foto-2regkry om ’n gehoor met growwe stem rugby manne/spelers en ondersteuners aandagtig na hul te laat luister, vra ek myself die volgende vraag:
Luister ons regtig na ons jeug met die idee om te hoor wat hulle sê?
O gaats, nou voordat die onderwerp handuitruk, kom ek neem u eerder terug na die jaarlikse prysuitdeling van Seagulls Rugby, Melkhoutfontein/Stilbaai.
Justin Lottering, leerder van Melkhoutfontein Primêr het met sy toespraak die gehoor goed laat verstaan dat Sport beslis ’n moet is in skole en sterk ondersteun moet word onder die gemeenskap.
Seagulls spelers het sertifikate ontvang en lede het ook elk ’n medalje ontvang. Voordat genomineerde spelers verskillende trofees ontvang het, het nog ’n leerder van Melkhoutfontein Primêr, Cameron October die gehoor met haar toespraak baie goed laat verstaan dat sukses beslis van jouself afhang. Die hoogtepunt van die aand het aangebreek en Abian Riddles het weggestap met die Sportman van die jaar trofee. Die aand is afgesluit met verversings en ’n disko. Seagulls bedank alle borge, belangstellendes en veral ondersteuners vir die jaar 2016. Veronica Wessels.

Fotos: Adri van Vuuren  foto-3foto

BUSY LIZZIE HUIS EN TUINBOUKLUB

foto-5

Stilbaai se Busy Lizzie Huis- en Tuinbouklub reik uit na bejaardes. Die BUSY LIZZIE HUIS- EN TUINBOUKLUB STILBAAI se volgende vergadering is Dinsdag 18 Oktober om 10:00vm by die Jagersbosch saal. Ons het twee gasprekers by die geleentheid.
Eerstens sal ‘n verteenwoordiger van Effekto ons inlig oor wat ons in hierdie tyd van die jaar te doen staan met bedrywighede in ons tuine. Ons sal kan aanklop vir raad met probleme wat voorkom en veral hoe om te verhoed dat sodanige probleme ontstaan. Bring gerus ‘n blaar of ‘n steggie van ‘n siek plant saam sodat ons almal kan leer hoe om dit te behandel as ons dalk ook daarmee te doen kry.

Die ander spreker is van Riversdal Toyota. Aangesien baie van ons dames dikwels alleen iewers heen reis, gaan hy ons inlig watter noodmaatreëls ons kan tref as ons probleme met ons voertuig langs die pad kry. Ons sal ook gewys word waarna ons moet omsien voordat ons ‘n reis aanpak.

Ons wil ook graag die inwoners van Stilbaai uitnooi om betrokke te raak by ‘n projek wat ons almal baie na aan die hart lê. Die Busy Lizzies het ook ‘n projek geloods om geskenkies vir die inwoners van HUIS STILBAAI bymekaar te maak vir Kersfees . Sulke geskenkies kan die basiese toilet benodighede asook ‘n lekker nie- bederfbare eetdingetjie bevat. Ons sal bly wees as die lede die pakkies mooi kan toedraai en kan saambring na ons Oktober en November vergaderings. Ons het reeds ‘n klompie geskenke ontvang, maar kort nog baie.

Daar is so baie bejaardes wat werklik niemand het om Kersfees met hulle te deel nie. Indien lede van die publiek kans sien om ons met hierdie projek te help, kan hulle die pakkies by Helena le Roux, BADENHORST-STRAAT 3, asook by Christa Kunz, KLOOFSTRAAT 14, afgee. In die verlede was daar groot waardering vir hierdie projek.