MOTORSKOU STILBAAI

Groot was Johan Beetge , plaaslike motor geesdriftige se verbasing toe hy die oggend van die 3de Desember by Lappiesbaai aankom en 15 pragtige en interessante ou motors en hulle bestuurders hom inwag.
Johan was die organiseerder van die motorskou wat daardie Saterdagoggend aangebied is.
Nadat hy plaaslike motor- entoesiaste bymekaargekry het, talle oproepe gemaak het asook die uitnodiging om
deel te neem via Facebook en ander media gerig het, was daar groot belangstelling, ook van die buurdorpe, om te
kom kuier in Stilbaai.
Na die sukses van daardie motorskou, het Beetge en sy span besluit om in Februarie weer een aan te bied.
Hierdie keer vind dit by die Brugmark plaas op Saterdag, 25 Februarie vanaf 8h00 tot 13h00 en as ’n mens na die reaksie op die bekendmaking kyk, is die verwagtinge dat die motorskou veel groter gaan wees as die vorige skou.
Om die atmosfeer nog lekkerder te maak, gaan die Stilbaai Boere-orkes ook kom vingers lostokkel en regte egte Boeremusiek speel. Balke toe en laat die wiele rol! Die orkeslede is plaaslike musikante en die manne wat speel, is Reinier Oosthuizen, Japie Wessels, Brian van Zyl en Dirk van die Weskus.

Belangstellendes kan vir Antoinette skakel by 082- 688- 8626 vir meer inligting oor die motorskou.
(Irma Huysamer )

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply