OPLETTENDE INWONERS

 

Saterdagaand 14 Januarie – ’n Baie woelige aand in Stilbaai.
Andrew Sprackett en Este Zeelie wat by On the Rocks Steakhouse en Seafood werk het Saterdagaand so om en by 22h00 huistoe gery toe hulle iets sien brand by ‘n huis oorkant Matchbox aan die Westekant. Toe hulle daar stilhou, het hulle gesien dat dit ‘n boot is wat brand.
Sprackett het dadelik die Stilbaai polisie gekontak om die brand te rapporteer en het ook On the Rocks gekontak en gevra dat ons bakke bring vir water om te help om die vuur te blus. Christaki Mouchtouris, Luchelle van der Berg , Kerryn Sprackett, Thiaan Muller en Leandri Meyer was nog by On the Rocks toe Andrew bel. Almal het toe in hul motors gespring en na die toneel gejaag.
Met die groep se aankoms was dit slegs Andrew en Este wat op die toneel was. Almal het na die naaste krane gehardloop om die bakke vol water te maak en die vlamme begin doodgooi.
Intussen het die polisie ook opgedaag en 3 ander mense het ons te hulp gesnel. Dit het Stilbaai se “nuwe brandweer-manne en –vroue” ongeveer 20min geneem om die vuur te blus.
Baie dankie aan hierdie oplettende en behulpsame Stilbaaiers. Dit maak ’n mens trots om in Stilbaai te woon.
NB Foto geneem deur Christaki Mouchtouris. (Irma Huysamer)

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply