GEDIG DEUR BERNARD FIELIES

EK KÁN !

Ek kán lewe, liefhê en ook vrolik klink;
met die lied in my hart word onheil vermink…
Maak jaloesie jag, sal ek jubel en juig!
Al die bose magte sal voor my móét buig!
Ek kán my blydskap behou al is my beursie leeg; selfs deur honger en dors ervaar ek nog vreug!
In staat om met soveel seges te vesoen
en wanneer droogte dreig vertoon ek nog groen…
Ek kán uit my haal al my liggaam se leed
en soos ek stap vetrap ek elke siek en skeet…
Wanneer kommer knaag en my knieë knak, versterk die vleuels wat uit my swakheid vertak…
Ek kán vorentoe volop verrassings vind
en die verlede se vuil vir altyd verslind!
In onvrugbare grond kán ek nog welig groei,
tot waar die riviere van vertroosting vloei…

Ek kán beur tot óór hierdie bitter brug,
al dink baie ek is in die broek te lig…
Ek kán bid, ek kán glo en uit twyfel ontwaak
want God vergesel my; ek kán dit maak!

072 271 9205
076 902 8468
bernardfielies35@gmail.com  

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply