KOEL AF, KOLLEGA…

GEDIG DEUR BERNARD FIELIES

Koel af kollega, skei uit en kalmeer,
want jou afguns genereer ‘n goor geur…
Jy verag my vordering, vind net fout;
benat jouself as die baas my “promote”…

In jou “tea-time” bly jy my beswadder;
in “lunch-time” spoeg jy gif soos ‘n adder!
Op jou “final warning” wankel jy klaar,
maar wag vir my ondergang in gevaar…

Terwyl ek die leer van my lewe klim,
raak ek vir jou slinksheid gans te slim…
Ek hoor aan die onderpunt hoe jy dreig,
maar op sportjies na seges sal ek styg!

Doenig met vuilspel en doring in die vlees;
voor op die wa wil jy waarlik nog wees…
Al my sertifikate laat jou stres;
gereeld gereed vir my rug met jou mes…

Kom nou kollega, dis uit en gedaan,
regverdigheid seƫvier, ek sal steeds staan!
Bestand teen jou dodelike dade
en word gedra deur God se genade…

Met haat versper jy my hunker en hoop
om saam met jou die lekker pad te loop…
Knaende gekrap, klippie in my skoen;
hoe graag sien ek uit om met jou te versoen…

Koel af, kollega…jy kan maar net kyk,
hoe ek met trots my hoogtes bereik!
In my dieptes wil jy gedurig delf;
maar eintlik vernietig jy net jouself…

GEDIG DEUR BERNARD FIELIES
Bernard Fielies
072 271 9205
076 902 8468.

 

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply