STILBAAI ROLBALKLUB

Stilbaai en omliggende rolbal klubs, Riversdal, Heidelberg, Witsand, Barrydale en Lydismith het oor 6 maande meegeding op die rolbal bane.

Daar was elke maand by ‘n ander klub gespeel. Elke klub span het uit 5 spelers bestaan, Twee het Dubbels gespeel en Drie het in die Trips gespeel teen ‘n ander klub.

Saterdag 25 November was dit die laaste wedstryd wat op Heidelberg in die hitte en sonder ‘n briesie van wind gespeel is.

Die spanne se punte was baie naby mekaar en na ‘n hewige stryd en baie sweet is Stilbaai Rolbalklub as die wenner van die reeks aangewys, Heidelberg was tweede en Lydismith derde.

Stilbaai het elke maand ‘n ander span ingeskryf vir die kompetiesie om soveel lede as moontlik bekend te stel met groot kompetiesies en elke span het baie goed presteer en baie geleer.

Die foto hierby is die span wat Saterdag gespeel het en die trofee in ontvangs geneem het.
Die span het bestaan uit vlnr. Piet Roodt, Tony Bailey, Barrydale se Voorsitter wat die prys oorhandig het,Marie Steyn, Gerald Enright en Eddie de Freitas.
Hiermee die wenners van die Personal Trust borgdag wat op Woensdag 29 November plaasgevind het
42 spelers het meegeding vir die pryse in baie lekker weer, Daarna het al die spelers lekker saam gekuier.

Die wenners was Lei : Veronica Enright, 2e : Reinette van den Berg, en die Skip : Piet Robbertse

In die 2e plek was Lei : Annette Gerber, 2e : Anita Linde, en die Skip : Danie Botes

En in die 3e plek was Lei : Gerald Enright, 2e : Liz Nowers, en die Skip : Mariana vd Walt

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply