van die Redaksie

Dit is asof die lewe vandag een groot kompetisie is – almal wil wen, belangrik wees en bo uitkom.

Die probleem is, almal kan nie altyd wen nie !
‘n Wen en bo uitkom kom met sy eie stel probleme en uitdagings.

Vrees vir mislukking, aanvaarding en hebsug is dikwels die rede dat jy sonder om te dink voortstoom.
Die gevolg, kort voor lank laat dit jou sielsmoeg, uitgebrand en ontneem van die lag en vreugdes van die lewe.

As dit is waar jy in jou lewe is is dit lankal tyd om stil te raak en te herbesin !

Vergeet die kompetisie en gejaag na mensgemaakte geluk en rykdom.

Wees realisties oor jou verwagtinge en moenie jou werk en die lewe te ernstig opneem nie.

As jy eers in die kompetisie van die lewe vasgevang is kom jy nie maklik daaruit nie.
Jy moet grense stel en daarby hou.

Vergeet van status en belangrik wees.

Onthou gerus, vir almal wat bo is, is daar iemand onder. Besluit of ‘n wen belangriker is as dit wat jy moontlik gaan moet prysgee.

Op hoeveel mense moet jy nie dalk in die proses “trap” om ten alle koste, bo uit te kom nie ?

Hoe anders sou die lewe nie kon wees as ons deur liefde en omgee en nie deur wedywering, kompetisie en hebsug gedryf was om te wen en bo uit te kom nie ??

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply