VAN DIE REDAKSIE

Untitled-1

Almal wil graag gelukkig wees, maar min kry dit reg.
Die lewe deel gereeld sy klappe uit, ons kry seer, ons kry swaar, en boedel oorgee word ‘n opsie.

Ons kan nie altyd beheer wat met ons gebeur nie, maar hoe ons daarop reageer en hoe ons dinge gaan hanteer, kan ons beheer.
Dit vat soms die uiterste selfbeheersing en ons kry dit nie altyd die eerste keer reg nie.

Jou gedagtes bepaal jou denke en lewensuitkyk.
Positiewe denke alleen gaan jou nie suksesvol maak nie, maar dit kan help om jou te motiveer en te inspireer om dié dinge te doen, wat nodig is om suksesvol te wees.
Die lewe skuld jou niks, so staan op, gaan uit en maak dit gebeur.
Onthou – swaar en slegte tye in ons lewe het ‘n vervaldatum.

Hou op kla, raak stil en sien al die klein, maar goeie dingetjies in jou lewe raak.

Dalk sal jy dan ook soos Steve Hofmeyer kan sê: “Ek sou my seëninge kon tel as hulle net stadiger wou kom”.

Print Friendly, PDF & Email