PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK

Naam en Van
Helena Gibson

U huidige beroep?
Sjef by Tuinplaas.

Wat motiveer jou?
Die feit dat ek elke dag kan opstaan en my werk kan doen.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Arende

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
City Bus het ek gelees as “Clity” en baie lank gewag vir die bus.

As jy en persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Akteur, verbeel my ek kan ‘n goeie een wees. Lyk so “glamorous”.

Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid nog?
Het vir die verkeerde persoon gesê: “Jammer om te hoor jou ma is oorlede”.

As jy ‘n miljoen Rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Sal vir baie mense geld gee, wat dit nodig het.

Ek verlaat nooit my huis sonder ……
…sonder om seker te maak vensters is toe en kragproppe is af.

Wat is jou gunsteling gereg en restaurant ?
Mal oor “steak”.

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens ?
Om 120 jaar oud te word.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van die Hessequa-streek?
Moet nooit opgee nie, hou aan probeer!

Wat is jou gunsteling tydverdryf of stokperdjie ?
Lees

Kontakbesonderhede: Helena (082 784 0043)

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply