BESIGHEIDS FOKUS – Frans Kloofmotors – Insleepdiens

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf: ‘n Insleepdiens met ‘n splinternuwe funksionele insleepwa wat aan veiligheidsregulasies voldoen. Kloof Motors is u antwood vir elke dag se motor probleme en die oplossing vir ‘n krisis met u motor.

Wanneer het u die besigheid begin?
Ek het Kloof Motors drie jaar gelede begin, was nog altyd deel van Kloof Motors en is vanaf 1 Augustus 2017 weer alleen eienaar.

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
Ek kan hard werk, is ‘n goeie motorwerktuigkundige wat sukses wil ervaar. Ek glo ek kan ‘n diens lewer aan Stilbaai se mense.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Kloof Motors is vir almal, ek is ‘n Stilbaaier van geboorte, en lief vir Stilbaai se mense. My diens is vir alle besoekers, vakansiegangers en bowenal vir alle Stilbaaiers.

Watter produkte/dienste bied u aan?
Uitstekende insleepdiens en herstelwerk ….altyd met ‘n glimlag !

Watter voordeel het u bo u mededingers?
My mededingers is ‘n aansporing om altyd te probeer om ‘n nog beter diens te lewer. Die beste diens wat kliënte weer en weer sal laat terugkom en hulle nie sal laat huiwer om my by ander aan te beveel nie.
Persoonlikehoogtepunte /suksesse /prestasies.
Kloof Motors is my hoogtepunt en tevrede kliënte my aansporing tot sukses.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Ek is ‘n Stilbaaier en glo aan eerlike, goeie gehalte en vriendelike diens.

Voltooi die volgende stellings:
“Ondervinding het my geleer dat ……………..ek sukses kan ervaar deur eerlikheid, harde werk en om daar te wees as Staailbaai en sy mense my nodig het.”

“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied …..’n 24/7 insleepdiens met ‘n splinternuwe funksionele sleepwa en hoë gehalte motor herstelwerk. .”

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
Daar is plek vir almal in Stilbaai, kom ons gun mekaar ‘n plek in die Stilbaai-son.

Frans (Kloof Motors – 24/7 Towing & Recovery)
060 477 8499 / 073 457 8453

 

 

 

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply