HEIDELBERG CHRISTIAN SCHOOL

Sop- aand om die Winter te groet.
Om die winter te groet, gaan die Heidelberg Christian School ‘n Sop-aand aanbied wat die warmte gaan fnuik met die heelikste tuisgemaakte sop. Daar gaan verskeie soorte wees en as bykosse gaan daar varsgebakte brood en tuisgekookte konfyt bedien word.
Die funksie vind plaas op Donderdag, 25 Augustus @ 18:00 by Heidelberg Christian School.Toegangsfooi is R40 per persoon en R25 vir kinders onder 7.
Hierdie funksie is elke jaar ‘n treffer. Die organiseerders vra dat gaste wat die aand wil bywoon asseblief hulle kaartjies voor die tyd koop aangesien die spyseniers voortydig moet weet vir hoeveel mense hulle moet sop voorberei.

Kontak die skool 028 722 2100 of Jo Ann 071 876 4224 vir kaartjies.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply