DIE OUERWORDENDE MENS

article-pic-1

Wetenskaplikes dui aan dat bejaardheid intree op die ouderdom van 60 plus. Die werklikheid van die proses waar die liggaam met sy bepaalde vermoëns verswak, is onafwendbaar. Tog is dit ook waar dat bejaardheid werklik ‘n volgende fase in die ouerwordende persoon se lewe kan oopsluit. Dit kan ‘n tyd van vervulling en rypheid na vore bring met wonderlike moontlikhede . Wat is mooier om ‘n ouerwordende persoon te ontmoet met ‘n gees van dankbaarheid en ‘n ingesteldheid om hulle plek in die lewe in te neem ? Dit dwing eerbied en respek af by klein en groot. Om ouer te word kan beteken dat die beste nog voorlê ongeag ‘n seer en stywe lyf of kragte wat afneem. Die mees bepalende geveg rondom die proses van verswakking lê in die denke. Denke wat georden en positief is, is die beste medisyne vir die bejaarde persoon. Ons het talle voorbeelde van bejaarde mense wat in die segment van 70 tot 90 jr uitstekende bydraes lewer in die sake-omgewing, kunste, diensorganisasies en talle ander terreine.

Almal sal natuurlik nie dit eens wees met hierdie siening nie. Swak gesondheid, finansiële nood, bekommernisse en eensaamheid oorweldig die bejaarde. Daarvoor moet ons in hierdie gejaagde samelewing begrip en deernis kweek vir elkeen van hierdie gevalle. Kom ons maak ‘n kopskuif oor ons begrip van die ouerwordende mense rondom ons.
Kom ons maak ‘n kopskuif oor bejaarde mense ! Dis die mense wat in soveel gevalle die fondament vir hierdie geslag gelê het waarop ons nou werk en leef. Kom ons laat leef hulle met ‘n gesindheid van waardering, respek en waardigheid.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply