PEP PRESTEER

article-pic-1

Plaaslike winkelgroep in Stilbaai presteer. Weereens kan Stilbaai hul trotse vere uitstoot met die wete dat dit nie net individue en groepe op kuns- kultuur-en sportgebied presteer nie, maar dat die dorp ook op besigheidsvlak stof in die oë van hulle kollegas in die streek en dorpe opskop. By ’n onlangse konvensie wat deur die Pepkor-groep aangebied is by die Lagoon Beach Hotel en Spa in Kaapstad, het die span van Pep Stores in Stilbaai baie goed presteer.

Die maatstawwe waarteen die groep se winkels en werknemers gemeet word, is streng en die katagorieë is soos volg: Verkope bo die teiken vir die jaar, voorraad-verliese wat onder die maatskappy se norm is, uitgawes wat nie die begroting daarvoor aangebied, oorskrei nie en winkelstandaarde.  Die Stilbaai-span onder leiding van Daniel Franken (bestuurder) het silwer verower vir hul prestasie in drie van die katagoriee. Stilbaai het ook tweede plek verower as beste winkel met die beste verkope in die area (Klein-Karoo). Hessequa Nuus wens die Stilbaai-span baie geluk en betuig ook ons dank vir hulle volgehoue betrokkenheid by gemeenskapsprojekte op die dorp.

Welgedaan!

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply