DIE DING RUK IN RIVERSDAL

article-pic-1

Riversdal Uitvoerende Kunste 169-235 NPO, of te wel R.U.K., is’ n nuwe Jeug-organisasie op Riversdal wat hom toespits op die ontwikkeling van die jeug in die Uitvoerende Kunste.
RUK is gestig op 1 Februarie 2016 en as ‘n Nie Winsgewende Organisasie geregistreer op 6 April 2016. Riversdal Uitvoerende Kunste (R.U.K) beywer die bevordering van die uitvoerende kunste onder kinders en jongmense van alle ras, geslag, herkoms en sosiale status met klem op individue van voorheen benadeelde gemeenskappe.

169-235 NPO, Bank: Absa Bank, Takkode: 632005 Rekening nommer: 9322135162.

Ten bate van fondsinsameling hou ons ‘n Kerskonsert op 2 Desember 2016 om 19h00 in die Riversdal Burgersentrum. Kaarties is beskikbaar teen R10 en is beskikbaar by die lede van die koor en orkes asook die bestuur.

Vir verdere inligting kan lesers die organisasie se Facebook bladsy dophou of hulle epos op Sekretaris op 082 096 9112.
KOM RUK SAAM !!  

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply