OUMA LENA SE HUIS

article-pic-1

Ouma Lena se Huis ontvang ’n gawe donasie van vêr.Op 25 Oktober het Ouma Lena se Huis ’n donasie vanaf Denemarke ontvang. Op die bygaande foto ontvang Mev. Lena Viljoen (links) die donasie van Mev. Beryl Fourie wat die skenking namens haar dogter, Daniela, wat verbonde is aan NGG Internasionale Skool in Denemarke.
Daniela Fourie Olafsson skryf as volg:
“Ek is ‘n kuns , drama en liggaamlike oefening (LO) juffrou by NGG Internasionale Skool Noord van Kopenhagen. Dit is die grootste privaatskool in Denemarke. Daar is ‘n groot Deense afdeling en ‘n kleiner Internasionale Afdeling. Ons het meer as 1500 studente.
Die taal waarin ons onderrig is Engels. Ons het meer as 40 verskillende nasionaliteite by ons skool. In die Primere klasse (Voorskool tot graad 7 ) is ons 3 Kuns juffrouens. Ons het in die vorige skooljaar besluit dat ons elke jaar ‘n kunsuitstalling gaan hou met ons studente se kuns.
Uitnodigings word gestuur aan ons ouers, oupas, oumas sowel as vriende. Die idée is dan om die kuns te verkoop aan die Kuns-uitstallings gaste . Die studente weet dat hulle kuns verkoop word en dat die geld dan geskenk word aan ‘n projek om minderbevoorregte kinders te help. Dit is ook om ons kinders/studente bewus te maak dat alle kinders in die wêreld nie so
gelukkig en bevoorreg is, as hulle nie. Soms is dit “mindblowing” vir die
kinders hier as jy sê daar is kinders wat nie ‘n huis het nie of nie kos het om eet nie- hulle neem alles net as vanselfsprekend.
Die rede hoekom die keuse van die projek op Suid Afrika geval het, is seker maar my groot liefde vir my land. Ek was gestasioneer in Kopenhagen, Denemarke, as diplomaat in die begin van die 90’s. Deur al die jare was ek maar altyd betrokke by Suid Afrika. Ek hoop dat ek dit weer kan regkry om die volgende uitstallings se insameling/kuns verkope weer na Suid Afrika te kanaliseer.”

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply