OUMA LENA SE HUIS

Ontvangers van rekenaarvaardigheidssertifikate
Na ‘n baie welkome en oorweldigende skenking van rekenaartoerusting van Ubusha Technologies, is die aanbieding van professionele rekenaarvaardigheidskussse behoorlik weer aan die rol by Ouma Lena se Huis. Die vorige toerusting was nie meer funksioneel nie en daar was ‘n groot behoefte aan rekenaartoerusting.

Hierdie kursus is maar slegs een van die vele vaardigheidskursusse wat aangebied word ter bemagtiging van jong werklose mense wat graag wil aansoek doen omwerk asook diegene wat reeds werk, maar wil aansoek doe nom bevorderingsposte by hul huidige werk.

Baie dankie aan Marius Aggenbach van Ushaba Technologies vir die baie welkome skenking wat alreeds vir nuwe selfvertroue en vaardighede gesorg het onder ons leergierige en flukse studente.
Die ontvangers van sertifikate is v.l.n.r. saam met die aanbieders Marietjie Buys en Lorraine Lietz-
Reginald G Pandarenan
Carla Toppies
Leander October
Joseline de Vos
Nicolaas Pietersen
Trevor Daries
Melissa Elbrink
Tans is die onderstaande persone besig met die kursus. Ons wens hulle alle voorspoed toe!

Naomi Lietz (deeltyds by die Biblioteek)
Allton Riddles
Alan Saayman
(Artikel: Irma Huysamer)

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply